gerhard & anna short
Dit is vir ons ‘n baie groot voorreg om voltyds vir die HERE te mag werk en om deel te kan wees van outoriteit in Christus bedieninge.
Ek deel graag met julle ons getuienis. Ek en Anna het mekaar ontmoet tydens ‘n huisskoonmaak sessie waar sy gevra het of ons saam met haar sal kom bid by ‘n kinderhuis waar sy die huis moeder was. Sy vertel later dat sy na my gekyk het en gewonder het hoekom sy nie werd is om ‘n man soos ek in haar lewe te kan hê nie. Sy het op daai stadium al vier jaar gebid vir ‘n man van God.
Tydens ons besoek het ek agtergekom dat die kinders regtig vir Jesus nodig het aangesien verwerping ‘n baie groot rol in hulle elkeen se lewens speel. Ons het toe gereël met vriende vir hulle elkeen vir ‘n Bybel en ons het toe op ‘n latere stadium weer gaan besoek aflê om die Bybels vir hulle te vat. Tydens die sessie het ons toe die nege kinders ontmoet en kon ons met hulle bietjie die evangelie deel.
Ek het op daardie stadium al vir so twee maande lank gebid vir ‘n nuwe lewens maat in my lewe. Anna het toe weer by haarself gedink hoekom is ek nie waardig om ‘n man soos Gerhard in my lewe te kan hê nie. Die Here het egter vir haar bevestig dat sy ‘n man van God gaan ontmoet wat sy geliefde aan die dood afgestaan het. ‘n Paar weke later het die Heilige Gees dit op my hart gelê om vir haar te vra hoe dit met haar gaan. Sy het terug geantwoord dat sy nie op ‘n goeie plek in haar lewe is nie. Sy het my ook gevra of ‘n mens mag aanhou om vir Vader dinge te vra wat ‘n mens graag sou wou hê.
Ek het haar toe herinner aan die volgende vers in die Woord van God.
Jes 62:6
o Jerusalem, Ek het wagte op jou mure uitgesit wat gedurigdeur die hele dag en die hele nag nie sal swyg nie. o Julle wat die HERE herinner aan sy beloftes — moenie rus nie.
So ek het haar geleer dat ons mag die Here aanhou vra vir iets. Sy het toe die vrymoedigheid geneem om my te nooi vir ‘n koppie koffie by ‘n restaurant. Ons twee het toe lekker saam gekuier en mekaar beter leer ken.
Ek het haar toe later gevra of sy by die Here drie verse sal gaan vra om te bevestig dat ek haar toekomstige man is en ek het vir die Here gaan vra vir drie verse ter bevestiging dat Sy my toekomstige vrou is. Vader het vir haar en vir my met drie verse bevestig dat ons vir mekaar bedoel is. Ons is toe later getroud en het die voorreg om nou saam voltyds vir die Here te mag werk.
Vader het in 2017 vir my gesê om in die Weskus te kom werk en vir Sy kinders Sy evangelie boodskap te kom verkondig, so ons het einde November verhuis na Dwarskerbos aan die Weskus waar ons nou voltyds vir Hom gaan werk. Ons sien uit na dit wat vir ons voorlê en weet dat Vader ‘n spesifieke plan vir ons het.
Mag ons deur ons lewens ‘n ware volgeling en ‘n ware verteenwoordiger vir Hom en Sy koninkryk wees en mag Sy Heilige Gees ons in alles leer en lei. Ons gebed is dat ons elke geleentheid sal gebruik om dissipels te gaan maak van al die nasies.
Ons sluit af met:
Num 6:24-26
Die HERE sal jou seën en jou behoed; die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.
Shalom
Gerhard en Anna Short