gerhard en rené short
TEACHING & PRAYER / LERING & GEBED
Cell: Gerhard +27 71 275 5276
René +27 76 403 8903
(E- mail us)
Full- time evangelists
Roedtan

gerhard en rené short
TEACHING & PRAYER / LERING & GEBED
Cell: Gerhard +27 71 275 5276
René +27 76 403 8903
(E- mail us)
Full- time evangelists
Pretoria
Ons het baie draaie in die lewe geloop. Sommige saam en sommige elkeen op sy eie. Sommige in Vader se wil en sommige ver uit Sy wil. In die proses het ons mekaar en mense om ons getoets, geskaaf, gebou maar ook gebreek en seergemaak. Dit alles as wedergebore kinders van God wat Hom nie geken het in ons lewe en besluite nie.
rene
Ek het meer as een keer soveel verkeerde keuses gemaak dat my lewe met tye ‘n totale leuen was. Geld was die hoofrolspeler en ek die aktrise wat gemanipuleer en bedrieg het. Twee keer het ons amper alles verloor en moes oor begin. Twee keer het ek amper my man en kinders verloor.
Ek dank Vader dat Hy nooit opgegee het met my nie, en elke keer ons almal weer opgetel en heelgemaak het. Selfs na beter as wat dit was. Na talle beradings, bevrydings, kampe en menslike raad van alle oorde, het my paaie drie jaar gelede met OICB gekruis en ek kon leer waar die wortels lê, en ook hoe om die Bybel te lees soos hy geskryf is en dit met my gees te verstaan. Daardeur kon ek oorwinning behaal en God leer ken vir wie Hy werklik is. My Abba Vader wat my onvoorwaardelik liefhet. Deur Sy genade kon ek kies om Sy wil vir my lewe te begin soek en te volg waar Hy lei.
Ek was in die bevoorregte posisie om vir talle OICB seminare landswyd kos te kook, en kon dus die boodskappe oor en oor hoor en elke keer iets nuuts leer. Gerhard en ons twee seuns Ruan en Gerhard jnr, het met tyd ingeval.
Junie 2011 bied ‘n maatskappy ons ‘n werks-geleentheid aan en die voorbereidings begin. Ons pak en beplan terwyl ons wag dat die maatskappy daar ons huis regkry. Drie dae voor ons trek sou gaan, hoor ons per e-pos dat a.g.v. siektes onder die boerdery ons nie meer kan gaan nie. Ons het reeds ons huis opgegee, skoolreëlings getref, ons besigheid oorgegee en alles gereël. ‘n Maand later laat stoor ons alles, bou ‘n dupleks sleepwa en toer die land vol. Ons as gesin groei nader aan mekaar en God. Ons moes Hom vertrou vir elke dag se roete, blyplek en lewe.
Februarie 2012 kry ons die opdrag om te vestig in Naboomspruit. Ons reel sommer dadelik ‘n dagseminaar met Marina van Heerden as spreker en in Maart ons eerste OICB seminaar. Verskeie het reeds gevolg en ons is verstom oor hoe God ons oprig en leer in die bediening. Ons staan voltyds in Sy diens. Ons handboek is die Woord van God, ons Verlosser Jesus Christus en ons inspraak God self deur die Heilige Gees. Vader voorsien in elke behoefte wat ons van weet en ook die waarvan ons nog nie weet nie. Finansies wat voorheen ons grootste probleem veroorsaak het, behoort nou aan God en Hy voorsien en bestuur dit.
Ons leer en groei nog elke dag en streef daarna om net in Vader se wil te bly. Sy Woord wat uitgaan is elke dag nuut en ‘n onuitputbare bron.
Ons versprei ook die Woord met ons T-hemp reeks landswyd. Ons borduur ook enige Bybelteks uit die Woord op enige kleur T-hemp of gholfhemp in enige grootte.
Skakel ons gerus vir bediening, berading, bemoediging of seminare.
gerhard
Dit is ook vir my ‘n groot voorreg om ‘n dienaar te kan wees, want dit is wat my persoonlike verlosser JESUS CHRISTUS vir ons ook kom doen het.
Ek het in die laaste paar maande van my lewe die volgende geleer, en dit is om alles wat ek is, en alles wat ek het, aan die HERE oor te gee want as mens is ek nie tot enigiets in staat nie.
Dit het ‘n lang en seer pad gevat waardeur ons op verskeie kere alles moes verloor, en weer van voor af moes begin, om te besef dat ons in totaliteit alles wat ons is, en het, aan Vader oor te gee en om HOM te begin vertrou vir en met alles in ons lewe.
As ek vandag terugkyk na wat met ons gebeur het, moet ek erken dat ek uit onkunde soveel deure oop gelos het vir die vyand om te kom steel te slag en te verwoes, en baie amper ook om te vermoor dat dit net die genade en die liefde is van n Almagtige VADER wat my weerhou het van die ewige verderf.
Vandag kan ek vir elkeen getuig dat ons alles moes verloor, om te besef dat ons ten volle afhanklik van ons HEMELSE VADER moet wees, want ons is duur gekoop deur die bloed van die LAM en dat ons nie meer in onself lewe maar CHRISTUS leef in ons.
Dit is ‘n opregte voorreg om te kan staan in die teenwoordigheid van ons SKEPPER en om te kan dien, soos wat JESUS vir ons kom wys het hoe om te dien.
Dankie vir almal wat vir ons gebid het, ‘n sms gestuur het, of selfs die moeite gedoen het om ver te ry om ons te kom bedien, en ‘n drukkie te kom gee het, die wat vir ons ‘n kos pakkie kom aflaai het in opdrag van die VADER want dit was dan ook ‘n antwoord op ons gebede, julle is baie kosbaar vir ons en ons is opreg dankbaar dat VADER julle oor ons pad gestuur het.
Dan aan ons ABBA VADER al die lof en die eer van ons harte kom U toe, wat vir ons in die holte van SY hand gehou het, terwyl die storms om ons gewoed het, kies vandag om die pad saam met Hom te stap, as jy die geleentheid kry moenie eers ‘n minuut langer uitstel nie want dit is alles die moeite werd.
Moenie soos so baie van ons eers wag tot op ‘n ryper ouderdom nie, want as daar een ding is waaroor ons almal spyt is, is dit oor die feit dat ons dit nie vroeer gedoen het nie, so gryp die geleentheid aan met albei jou hande en voete en maak die regte besluit, moenie langer n gevangene bly nie en gaan word ‘n profeet vir die nasies soos wat die Woord ons leer in Jeremia 1:5.
Ons deur staan vir elkeen oop, geseënd sal julle wees vir elke sent wat julle investeer in die wen van siele vir die koninkryk van GOD.