gerhard short

TEACHING & PRAYER / LERING & GEBED
Cell: gerhard +27 71 275 5276
(E-mail me)
Full-time evangelist
Pretoria

gerhard short

TEACHING & PRAYER / LERING & GEBED
Cell: gerhard +27 71 275 5276
(E-mail me)
Full-time evangelist
Pretoria

Ons het baie draaie in die lewe geloop. Sommige saam en sommige elkeen op sy eie. Sommige in Vader se wil en sommige ver uit Sy wil. In die proses het ons mekaar en mense om ons getoets, geskaaf, gebou maar ook gebreek en seergemaak. Dit alles as wedergebore kinders van God wat Hom nie geken het in ons lewe en besluite nie.

gerhard

Dit is ook vir my  ‘n groot voorreg om ‘n dienaar te kan wees, want dit is wat my persoonlike verlosser JESUS CHRISTUS vir ons ook kom doen het.

Ek het in die laaste paar maande van my lewe die volgende geleer, en dit is om alles wat ek is, en alles wat ek het, aan die HERE oor te gee want as mens is ek nie tot enigiets in staat nie.

Dit het ‘n lang en seer pad gevat waardeur ons op verskeie kere alles moes verloor, en weer van voor af moes  begin, om te besef dat ons in totaliteit alles wat ons is, en het, aan Vader oor te gee en om HOM te begin vertrou  vir en met alles in ons lewe.

As ek vandag terugkyk na wat met ons gebeur het, moet ek erken dat ek uit onkunde soveel deure oop gelos het vir die vyand om te kom steel te slag en te verwoes, en baie amper ook om te vermoor dat dit net die genade en die liefde is van n Almagtige VADER  wat my weerhou het van die ewige verderf.

Vandag kan ek vir elkeen getuig dat ons alles moes verloor, om te besef dat ons ten volle afhanklik van ons HEMELSE VADER moet wees, want ons is duur gekoop deur die bloed van die LAM en dat ons nie meer in onself lewe maar CHRISTUS leef in ons.

Dit is ‘n opregte voorreg om te kan staan in die teenwoordigheid van ons SKEPPER en om te kan dien, soos wat JESUS vir ons kom wys het hoe om te dien.

Dankie vir almal wat vir ons gebid het, ‘n sms gestuur het, of selfs die moeite gedoen het om ver te ry om  ons te kom bedien, en ‘n drukkie te kom gee het, die wat vir ons ‘n kos pakkie kom aflaai het in opdrag van die VADER want dit was dan ook ‘n antwoord op ons gebede,  julle is baie kosbaar vir ons en ons is opreg dankbaar dat VADER julle oor ons pad gestuur het.

Dan aan ons ABBA VADER al die lof en die eer van ons harte kom U toe, wat vir ons in die holte van SY hand gehou het, terwyl die storms om ons gewoed het, kies vandag om die pad saam met Hom te stap, as jy die geleentheid kry moenie eers ‘n minuut langer uitstel nie want dit is alles die moeite werd.

Moenie soos so baie van ons eers wag tot op ‘n ryper ouderdom nie, want as daar een ding is waaroor ons almal spyt is, is dit oor die feit dat ons dit nie vroeer gedoen het nie, so gryp die geleentheid aan met albei jou hande en voete en maak die regte besluit, moenie langer n gevangene bly nie en gaan word ‘n profeet vir die nasies soos wat die Woord ons leer in Jeremia 1:5.

Ons deur staan vir elkeen oop, geseënd sal julle wees vir elke sent wat julle investeer in die wen van siele vir die koninkryk van GOD.