Na aanleiding van al die kontroversie wat ons eerste DVD van ”Maak skoon jou huis”, wat gedurende 2005 op die mark gekom het (asook die verdere DVD’s in 2007 en 2009), veroorsaak het, wil ek net graag ‘n paar aspekte duidelik maak.
In die eerste plek moet ALLES in ons daaglikse lewens oor Jesus Christus gaan, en hoe Hy wil hê ons moet lewe. Daarom is dit belangrik om EERSTENS te verseker dat ek Hom aangeneem het as my Redder, Saligmaker en Verlosser. Daarna moet ek seker maak dat ek begin kennis inwin van ‘n outoriteitslewe in Sy Koninkryk op n daaglikse basis. En sodra ek regtig weet wie ek is in Jesus Christus en wat Hy van my verwag, kan ek verder gaan om Hom te vra om dieper openbaringe rakende Sy Woord aan my te gee. Dit sluit immers in dat ek onder andere wil leer hoe Hy wil hê ek ook met my fisiese huis en besittings moet omgaan kragtens Sy Woord.
Daarom, wanneer ons vierdaagse seminare by kerke, kampe of selgroepe aanbied dwarsdeur die land, doen ons dit in ‘n spesifieke volgorde. Die eerste lesing wat ons aanbied, is “Verhouding met God” sodat die mense kan besef dat dit in die eerste plek daaroor gaan dat hulle in ‘n persoonlike verhouding met God moet lewe. Die tweede lesing is “Identifiseer die Leuen”, sodat mense kan sien hoe en waar het die duiwel vir hulle gelieg in hulle lewens en sodat hulle téén hom kan kies en vír Jesus Christus. Derdens bied ons dan “Koninkryk=Heerskappy” aan. Hierdie lesing gaan oor die uitleef van ons outoriteit in God se Koninkryk op ‘n daaglikse basis, wat insluit dat ons vervul moet word met die Heilige Gees, waarsonder ons geen ware geestelike outoriteit sal hê nie.
En die LAASTE lesing wat ons aanbied, is “Maak skoon jou huis”. Want ek kan immers nie voor die Here staan en sê: “Here, hier is my liggaam en my lewe, ek hou dit rein en suiwer. Maar Here, hierdie fisiese huis/plaas/besigheid van my, wat ek immers óók van U ontvang het, is vrot van die duiwel se goed, en U sal seker nie omgee nie?” Hoe kan ek dit wil doen? As ek rein voor God wil lewe, wil ek persoonlik seker maak dat ALLES in my lewe, fisies sowel as geestelik, rein voor Hom sal wees. Juis omdat ek Christus-
Die rede waarom hierdie lesing soveel kontroversie veroorsaak, is die volgende:
1. In die eerste plek het baie mense wat daarna kyk, self nog geen besluit gemaak om in ‘n intieme persoonlike verhouding met Jesus Christus te lewe nie.
2. Hulle sien die DVD en verstaan waar kom sommige van die probleme vandaan wat hulle reeds ervaar het, en wil skielik “huis skoonmaak” om sodoende VAN HULLE PROBLEME ONTSLAE TE RAAK. Dit is totaal die verkeerde rede. As mens nie jou huis wil “skoonmaak” sodat jy sodoende nog nader aan Jesus Christus kan kom nie, doen jy dit vir die verkeerde rede en gaan daar groter probleme in jou huis ontstaan.
Mattheus 12:43-
3. Omdat hulle geen geestelike outoriteit het nie, vanweë die feit dat hulle nie ‘n persoonlike verhouding met Jesus Christus het nie, en omdat hulle nog nie vervul is met die Heilige Gees nie, manifesteer die duiwel skielik in hulle huis omdat sy lêplekke nou uitgewys is, en dan skrik hulle. Hulle weet nie hoe om die situasie te hanteer nie. Hulle kan dan ook nie enige geestelike outoriteit uitoefen nie en skrik vir al die hel wat rondom hulle losbars. Skielik is hulle vreesbevange, en weer eens is die Bybel duidelik in 2 Timotheus 1:7 dat vrees nie van God af kom nie, so, as dit nie van Hom af is nie, is dit mos baie duidelik die duiwel se werkinge.
Daarom is dit baie belangrik dat mense verstaan dat “Maak skoon jou huis” bloot ‘n klein gedeeltetjie van God se hele Woord uitmaak. Te veel mense wil dit hulle eie “evangelie” maak en dink dat dit met hulle sal goed gaan solank hulle net hulle huise “skoongemaak” het en niks verder nie. Nee! Die eerste voorwaarde is dat my liggaamlike huis, my lewe, eers “skoongemaak” moet word en aan Jesus Christus toegewy moet word, voordat ek die res kan begin doen. Die EERSTE VOORWAARDE IS EN BLY ‘n persoonlike, intieme, verhouding met die lewende Jesus Christus!
Wat ons bepaald met al die DVD’s wat ons op die mark het met betrekking tot “Maak skoon jou huis” probeer doen, is om slegs die Bybelse BEGINSEL rakende hierdie dinge, aan God se kinders te verduidelik. Sodra hulle dan die beginsel snap, moet elkeen wat hom-
Daarom sal ons voortaan ook die bepaalde vier lesings wat ons gereeld by seminare aanbied, naamlik: “VERHOUDING MET GOD, IDENTIFISEER DIE LEUEN, KONINKRYK= HEERSKAPPY en MAAK SKOON JOU HUIS” in die vorm van ‘n pakket van vier DVD’s aanbied sodat mense die korrekte aanloop kan neem en AL die betrokke inligting bymekaar kan hê. Dan hoef die wa nie voor die perde gespan te word deurdat éérs “huis skoongemaak” wil word nog voordat by Jesus Christus uitgekom is nie, maar kan enige persoon sien wat die korrekte geestelike lyn is om te volg.
Mag Jesus Christus julle mildelik seen op die pad wat julle saam met Hom stap!
tiaan gildenhuys