“Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie. Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word. En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?” (Mattheus 7:1-
En tog is ons mense so vinnig om mekaar te oordeel nê? Maar waarom is dit dan altyd soveel makliker om die “splinter” in ander mense se oë raak te sien, terwyl die “balk” in my eie oog amper my sig heeltemal verhinder? Is dit omdat dit makliker is om dan ons eie geraamtes in die kas weg te steek, deur so op ANDER se foute te konsentreer? En ander dan te bespreek, te oordeel of af te maak, want dan voel ons soveel beter oor onsself, want MY foute is dan mos so mooi weggesteek! My foute is dan mos nie onder die soeklig nie, maar wel daardie ánder persoon s’n!
Maar wen ons enigiets daardeur? Nee, want Jesus sê baie duidelik:“Geveinsde, haal EERS die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal.”(Mattheus 7:5 ) Wat is ‘n “geveinsde”? Dis ‘n LEUENAAR! Nou maar hoekom noem Jesus my ‘n leuenaar omdat ek nie eers die balk uit my eie oog wil uithaal nie? Juis omdat ek daardeur probeer ontken dat ek sélf ook foute het, wat God tog baie duidelik weet ELKEEN van ons sommer báíe van het!
Hoe weet Jesus dit? Want Hy toets ons gesindheid! Hy sien (in) ons harte, soos die Bybel dit as ‘n baie duidelike FEIT sê: “(S)ou God dit nie naspeur nie? Want Hy KEN DIE GEHEIME VAN DIE HART.”(Psalm 44:22 ) en ook in Spreuke 21:2: “Elke weg van ‘n mens is reg in sy oë, MAAR DIE HERE TOETS DIE HARTE.” Ek kan dus maar doen net wat ek wil, ek kan na ánder mense kyk, ek kan oor húlle foute lag, of oor húlle optredes skinder, maar dit vat nie die feit weg dat God ONS foute ken en in ONS harte sien nie! En is HY tevrede oor die feit dat óns ANDER mense se foute oordeel of veroordeel? Baie beslis nie, as ek kyk na die woorde van die Bybel in Romeine 2:1: “Daarom is jy, o mens wat oordeel, wie jy ook mag wees, SONDER VERONTSKULDIGING ; want waarin jy ‘n ander oordeel, veroordeel jy jouself; want JY wat oordeel, DOEN DIESELFDE DINGE.”
“Maar EK was nog nooit in ‘n owerspelige verhouding soos Sannie en Koos nie!” Miskien nie vriend, maar het jy nog nooit eens na ‘n ander vrou “gekyk” nie? En wat sê Jesus dáároor? “Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, rééds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het.” ( Mattheus 5:28 ) Oepsie! “Maar Pieter het hom soos ‘n idioot gedra in daardie situasie en ek wil hê hy en ander mense moet dit weet. ‘n Mens tree eenvoudig nie só op nie, man!” Dis wat JY sê ja, maar wat sê Jesus? “…en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet verantwoording doen in die helse vuur!” (Mattheus 5:22) Eina!
Dit is vir my dus baie duidelik dat ek nie ander mense mag oordeel vir wat hulle doen nie, want daardeur gaan God my self oordeel vir MY dade, vir daardie geraamtetjies wat ek so lekker diep in my eie kas PROBEER wegsteek. In plaas daarvan wil Hy hê ons moet dit álles voor Hom bely en dit aflê, in welke geval Hy in die Bybel by nie minder nie as vier geleenthede sê dat Hy dan ons sondes en ongeregtighede van ons verwyder en NOOIT weer daaraan dink nie! En Hy wil NIE hê ons moet verder oor ander mense oordeel nie, wat hulle ookal mag doen. Want ons het GEEN reg daartoe nie!
Maar wag, sluit daardie opdrag in dat ons nie iemand wat ‘n “gelowige” is, en God se gebooie in die Bybel oortree, mag aanspreek nie, omdat ons bang is dat ons daardie persoon dalk oordeel? Nee, ook hieroor is die Bybel self baie duidelik. Kom ons kyk eerstens na 1 Korinthiërs 5:11: “…maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as ‘n broeder bekend, ‘n hoereerder is of ‘n gierigaard of ‘n afgodedienaar of ‘n kwaadspreker of ‘n dronkaard of ‘n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie.” Of die woorde van 2 Thessalonicense 3:6: “Ons beveel julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, dat julle jul onttrek aan elke broeder wat onordelik wandel en nie volgens die oorlewering wat hy van ons ontvang het nie. “Wat sê dít vir ons?
Dit sê vir my ons, wat self wedergebore Christene is, het wel die reg om mense wat hulleself “Christene” (broeders) noem, maar steeds ongehoorsaam is aan die Bybel, selfs af te sny! Hoe kan dit dan wees? Dit is omdat Christene en/of kinders van God in hulle totale menswees daarna moet streef en moet poog om gehoorsaam te wees aan God se Woord! En wanneer so ‘n kind van God, vanweë die feit dat hy nie luister nie, dan deur sy mede-
Met ander woorde, Jesus is baie ernstig daaroor dat mense wat hulleself so maklik as “Christene” sien, ‘n baie direkte opdrag het om gehoorsaam te wees aan God se Woord, by versuim waarvan hy deur mede-
tiaan gildenhuys –