DVD – Geloofsgroei Omnibus (2 DVD’s)

R160.00

Baie mense weet nie hoe en waar ontstaan ‘n mens se geloof, of hoe dit groei nie. Op hierdie twee DVD’s word daar vanuit die Bybel gewys op twee baie belangrike aspekte in ons geloofsgroei: 1. STERF AAN DIE “SELF”.

Category:

Description

Baie mense weet nie hoe en waar ontstaan ‘n mens se geloof, of hoe dit groei nie. Op hierdie twee DVD’s word daar vanuit die Bybel gewys op twee baie belangrike aspekte in ons geloofsgroei: 1. STERF AAN DIE “SELF” Dit is baie belangrik om te weet dat ‘n mens se geloof nie kan groei solank as wat ons nog “eiesinnig” is en net ons eie wil soek nie. Jesus was immers duidelik dat diegene wat Hom wil volg, hom- of haarSELF elke dag moet verloën. Ons sal geen ware geloofsgroei ervaar as ons nie leer om te sterf aan ons “eie-ek” nie. Is Jesus al die Koning van jou lewe, of is dit nog steeds net jy SELF?

2. WEES ANDERS AS DIE WêRELD Wanneer ons geleer het om te sterf aan ons eie self, moet ons leer om verder te groei na die plek toe waar ons nie meer soos die res van die wêreld optree nie. Hoe verwag Jesus van ons om op te tree in gevalle van persoonlike vervolging of lyding? En wat verwag die wêreld van ons? Die Bybel bepaal immers duidelik wie ‘n vriend van die wêreld wil wees, word ‘n vyand van God…

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “DVD – Geloofsgroei Omnibus (2 DVD’s)”

Your email address will not be published.

Please fill in the missing number to submit your review *

Go to Top