Description
Hierdie omslag bevat vier DVD’s. Dit toon in ‘n verkorte mate die groei aan waardeur alle Christene moet gaan.
Die eerste DVD: “Verhouding met God” toon aan dat daar geen ander pad is om te loop as om in ‘n persoonlike verhouding met Jesus Christus te wandel nie.
Die tweede DVD: “Identifiseer die Leuen” gaan daaroor dat ons moet vrykom van die leuens waarmee die duiwel ons in ons lewens vasgebind het. Die derde DVD is: “Koninkryk=Heerskappy”, wat aantoon hoe ons prakties daagliks in ons outoriteit moet lewe in God se Koninkryk. Die vierde DVD: “Maak skoon jou huis” toon aan dat ons nie net met ons liggame en lewens rein en heilig voor God moet lewe nie, maar ook dat ons huise en besittings heilig moet wees voor Hom.
Ons stel voor dat u die DVD’s dan ook in hierdie spesifieke volgorde sal kyk, om sodoende die meeste nut uit hierdie samestelling van DVD’s te verkry.
Reviews
There are no reviews yet.