Vir te veel jare het die Satan homself in mense se lewens gekamoefleer.
Boek – Identifiseer die Leuen
R60.00
Description
Vir te veel jare het die Satan homself in mense se lewens gekamoefleer met die leuen dat ons nie MET Satan moet praat, of OOR hom moet praat, of VAN hom moet praat nie. Op hierdie wyse het die “vader van die leuens” oor jare kinders van God in tronke vasgebind sonder dat hulle werklik geweet het hulle is daarin vasgesluit.
In hierdie boek wil die skrywer die man op straat attent maak op die subtiele, maar baie basiese wyses waarop Satan Christene aanval. Indien Christene die leuens in hulle lewens kan identifiseer, en hulle weet wat hulle ware outoriteit in Christus is, sal Satan dit nie meer so maklik regkry om hulle te mislei nie.
Indien u nog altyd gedink het die vrees in u lewe is maar ‘n deel van wie u is, van u “persoonlikheid”, óf daardie aggressie, óf daardie swaarmoedigheid, óf daardie minderwaardigheids-gevoel, blaai gerus deur hierdie boekie om te sien waar die LEUEN in u lewe ingekom het. Lees hoe Satan God se kinders aanval met die hulp van sy bose geeste, soos ons van hulle lees in Efesiërs 6:12 en leer hoe om hulle teen te staan in Jesus Christus se outoriteit.
Reviews
There are no reviews yet.