Christene is oor die algemeen nie bewus van die feit dat die ontstaan van “kersfees” en “kersdag” niks met ons Here Jesus Christus, of met Sy werklike geboorte, te doen het nie.
DVD – Die Kersfees Leuen
R110.00
Description
Christene is oor die algemeen nie bewus van die feit dat die ontstaan van “kersfees” en “kersdag” niks met ons Here Jesus Christus, of met Sy werklike geboorte, te doen het nie. Meestal is die rede hiervoor dat menslike tradisies vir baie Christene belangriker geword het as wat die Bybel self bepaal. Of omdat die Christene in baie gevalle weier om self ondersoek te doen na die oorspronge van die dag en om dit dan te vergelyk met die baie duidelike teksverse in die Bybel.
Wat is die werklike ontstaan van “kersfees”? Oor wie het hierdie dag oorspronklik gegaan? Is Jesus Christus werklik gebore op 25 Desember? Indien nie, wanneer is Hy regtig gebore? En moet ons as Sy volgelinge enige erkenning gee aan hierdie dag?
Hierdie vrae en die antwoorde rakende Jesus Christus se werklike geboorte, word op hierdie DVD beantwoord deur bloot die Bybel te vergelyk met wydverspreide navorsing wat hieroor gedoen is.
Reviews
There are no reviews yet.