bokkel en chantell senekal

Voltydse evangelis

Selnommer: 064 409 7452

GEORGE

bokkel en chantell senekal

Voltydse evangelis

Selnommer: 064 409 7452

GEORGE

Ek het grootgeword in ‘n Christen huis. In 2004 toe ek 16 was, was ek vir ‘n tydjie met vakansie in die UAE waar ek die Engelse Quran gelees het en met dit besluit het om ‘n Moslem te word. My ma was natuurlik baie ontseld. Sy gee toe vir my die vers uit Johannes 14:6 wat sê: “Ek is die Weg, die Waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.” Drie keer in drie dae loop ek die vers raak. Nietemin, ek was nogsteeds van plan om binne ‘n dag of twee op my fiets te klim en moskee toe te gaan, om ‘n Moslem te word sonder dat my ma weet.

Maar in die Here se genade voor ek dit kon doen, kry ek ‘n droom dat dit die einde van tyd is vir Christene op aarde, en hulle word weggevoer. In die droom kon ek nie saam met my gesin gaan nie en ek moes agterbly. Soos ek huistoe ry sien ek hoe Moslems hulself hang in die bloekombome langs die pad omdat hulle weet hulle was die heeltyd nog verkeerd. Na dié droom was ek nog nooit weer dieselfde nie.

Van daardie tyd af glo ek dat die Here my oor tyd opgelei het met baie kennis. Ek het alles opgeneem soos ‘n spons, maar soos hulle in Engels sê: “Knowledge is nothing without action.”

Ek weet al vir ‘n baie lang tyd God het planne met my, maar soos Jona het ek weggehardloop daarvan af. ‘n Mens kan die Here ook net so vêr “dodge” tot Hy jou finaal oortuig.

Toe ek uiteindelik in gehoorsaamheid ‘n Christelike video maak en op facebook plaas het Yeshua net nog deure vir my oopgemaak. Die Here bevestig toe vir my dat ek moet aanhou met wat ek doen en begin met bediening, deur die woorde van 2 TIMÓTHEÜS 4:5: “Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van ‘n evangelis; vervul jou bediening.”

Ek en Chantell is in 2017 getroud. Sy is regtig my steunpilaar en sonder haar sou ek nie my passie kon uitleef nie en ook nie bediening kon doen nie. Ek is regtig baie dankbaar dat die Here haar oor my pad gestuur het.