louis & chél-mari pieterse

Berading/Bevryding/Gebed en Ondersteuning.
Sel: 0829447716 & 0823041118
E-mail: lcp@oicb.co.za
Boere/Gastehuis eienaars/Deeltydse Evangeliste

Reitz Vrystaat

Hier is ons storie…

Ek en Chél-Mari is in 2024 reeds 13 jaar getroud en is geseën met 4 wonderlike kinders, LD, Lindi, Stefani en Anissia. Ons bly op ‘n plaas net buite Reitz en is betrokke in landbou waar ons aan boere gewasbeskerming, mieliesaad, kunsmis en ander insette verskaf, asook landboukundige raad.

Kort na ons huwelik begin het, het Chél-Mari van Tiaan se videos begin kyk oor huis skoonmaak, doop, kersfees ensovoorts. Soos meeste van ons wat  uit ‘n tradisionele agtergrond kom, het dit wrywing in ons huwelik veroorsaak as gevolg van my trots waar ek as gevolg van ‘n gebrek aan kennis nie saamgestem het nie.  So eindig ons toe op in Tiaan se kantoor en stap die dag daar weg met ‘n hoop dvd’s en boeke, en so het Heilige Gees in ons lewens begin werk en ons sieninge oor die wêreld en ons geloof het drasties verander. Ons het werklik begin besef waaroor die lewe gaan en wat is ons eintlike roeping hier op aarde. En deur dit het Vader vir ons ‘n wonderlike getuienis gegee in ons altwee se lewens. Ook vinnig het ons die waarheid van Efesiërs 6:12 besef en leer ken.

In 2020 het Vader op ons harte geplaas om  kampe en lesings aan te bied, en so het Deborah Gastehuis en Bekroonde tot stand gekom en ons het ‘n bediening begin waar ons Bybelstudies vir mans en vrouens een keer ‘n week aanbied. Sondae het ons ‘fellowship’ waar ons en ‘n paar gesinne bymekaar kom en van die Woord leer en gesels oor die Evangelie. Deel van die roeping is die hoeveelheid boere en mense wat ons deur die besigheid kan bereik en voor bid asook Chél-Mari se besigheid waar hulle ‘’Jump To Fitness’ doen en baie vrouens daardeur bereik. Alle eer aan ons Here Jesus Christus vir dit.

In 2022 het ons weer in kontak met Tiaan gekom waar hy toe by ons naweek seminare kom aanbied het 2 keer ‘n jaar, en ons prys die HERE vir Sy genade op ons lewens en vir Tiaan (OICB) en wat julle doen. Ons het soveel geleer in hierdie afgelope drie jaar, en het ‘n groot passie ontwikkel vir die Waarheid! Ons het ook besef hoeveel daar is wat ons nog moet leer, en hoe wonderlik die Woord in ons lewens is -Psalm 25:14