pieter & linda ferns
Gebed en Ondersteuning
Sel: 0836278523
E-mail: lindaferns.r@gmail.com
Deeltydse Evangeliste / Besigheids eienaars
Polokwane, Limpopo

Ek matrikuleer in 1990 in Pietersburg en word n polisieman in Midrand waar ek deel word van die wêreld. In 1993 besluit ek dat om ‘n polisieman te wees nie vir my is nie en gaan ek terug Pietersburg toe waar ek saam met my pa in die familie besigheid begin werk.
Gedurende my tyd in die polisie-kollege ontmoet ek my 1ste vrou, ons trou en leef in die wêreld. Op 1 Januarie 2000 word ons seun Jaco gebore met baie komplikasies. Die eerste 6 jaar van sy lewe spandeer ons meer tyd in die hospitaal as by die huis. Ons dogter Zanica word gebore in 2002, gesond en vol liefde. Na ses jaar van dokters en spesialiste begin dit beter gaan met Jaco se gesondheid maar my vrou sterf in 2007 as gevolg van n dokter se nalatigheid. My wêreld tuimel inmekaar. Ek sukkel om my vrou se dood te verwerk en is nou alleen ouer van n 5 jarige dogtertjie en n outistiese seun wat op 7 nog nie kan praat of iets vir homself doen nie. Dit voel vir my of alles swart is om my. In daardie tyd oorreed n vriend my om saam met hom na ‘n mannekamp te gaan.
Ek moet met jul deel dat ek op daardie stadium ‘n diaken in die kerk was, maar steeds in die wêreld geleef het, ek het n verhouding met die dominee gehad maar nie met Jesus Christus nie. Op die mannekamp het ek n ware ontmoeting met Jesus Christus en my lewe verander in een oomblik. Ek begin werklik vir die eerste keer leer wat dit is om ‘n verhouding te hê met Jesus Christus en woon elke maand manne kampe by. In dieselfde tyd woon ek ook een van Tiaan Gildenhuys se lesings by en begin my pad saam met Tiaan en hulle bediening.
Intussen begin ek bid vir n vrou. In 2008 deur die Here se beplanning ontmoet ek vir Linda. Ons altwee is lief vir die Here maar het nog steeds baie “bagasie” gehad wat ons deur moes werk. Linda was nog nooit getroud nie en het ‘n tiener seun gehad wat sy alleen groot maak, ek ‘n wewenaar met twee kinders. Ons trou in 2011 en dit gaan soms moeilik in ons huwelik, ons moet twee gesinne een maak, maar die Here het ‘n plan met ons lewe en huwelik. Met tye het ons moed op gegee op ons huwelik maar die Here het nooit.
Vandag is ons 12 jaar getroud, baie gelukkig, baie gestoei, baie geleer en baie dankbaar vir die Here se genade. Ons hartsbegeerte is om diensbaar te wees vir ons Koning Jesus Christus.