schalk & ansie oosthuizen
Gebed en berading.
Sel: 0832599558
E-mail: casa1allegre@gmail.com
Deeltydse Evangeliste / Gastehuis eienaars
Marina Beach, Suidkus, KZN

Ansie en myself woon in die pragtige Suidkus van KZN. Ons het die huis waarin ons woon in Marina Beach, 14 jaar gelede (2008) gebou met dié gedagte om dit in ons “oudag” as ‘n Gastehuis te benut. Ons het nooit geweet dat dit nie ons plan was nie, maar wel God se plan. Alhoewel ons dit tans as ‘n Gastehuis bedryf, verwys ons graag daarna as ‘n Gastehuis met ‘n “verskil”. Daarom dan ook die naam “Bet-El” (Huis van God) & Casa Alegre (Gelukkige huis).
Ons is, hierdie jaar (2023), 40jr getroud. Vir die grootste gedeelte van ons huwelik was ons albei werkende ouers van twee pragtige kinders, ‘n seun (Cobus) en ‘n dogter (Romé). God het vir ons twee wonderlike kinders gegee waarop ons opreg trots kan wees en ons in 2021 verder geseën met ‘n pragtige kleinseun, genaamd Dominic.
Ons lewenspad het baie draaie met ons geloop; baie van dit aangenaam en sommige van dit minder aangenaam. Sedert 2010 deel Abba Ansie mee, dat ons seisoen gaan draai. Min wetend dat die seisoen in 2013 draai, ‘n totale ander rigting wat nooit ons toekomsplanne was nie. Ons pad lei na die Noordkaap met die dorp Douglas (waar ek (Schalk) groot geword het). Vir 8 jaar stap God ‘n woestynpad met albei van ons, individueel gerig. Dit was ook hier waar ek, Ansie, een aan vir God vra… waarom hierheen en hoekom, waaroor gaan alles… HY antwoord… dit gaan alles oor Jesus Christus. Sy het dadelik op die internet daardie woorde ingetik en Tiaan Gildenhuys se DVD wat handel oor “Dit gaan alles oor Jesus Christus” het opgekom. Dis van hier dat ons ‘n pad met Tiaan en Joey begin stap het. Hulle het jaarliks seminare by ons Gastehuis “Villa de Ghaap”, daar kom aanbied. Hoe meer intiem ons verhouding met God ons Skepper geraak het, hoe meer het ons besef dat ons lewenspad lank reeds, voor ons geboorte, vir ons uitgelê was. In 2013 verander HY ons pad en bring ons terug na dié huis wat in 2008 gebou was, eintlik om HOM te verheerlik deur die huis te gebruik tot SY eer en dit wat HY beplan het.
Die vraag wat elkeen vandag vir hom-/haarself moet afvra en wat ons vir onsself moes afvra, is: Het jy ‘n gewillige hart? Wat is ‘n gewillige hart? ‘n Gewillige hart is onverdeeld gerig op die Lewende God van hemel en aarde. God soek manne en vroue wie se fokus total op Hom gerig is. Ansie en myself poog om binne God se geregtigheid en in SY WIL te lewe; dit beteken, ons leef ‘n lewe ooreenkomstig Sy instruksies. Dit moes ons ook leer om in SY ekonomie te staan (in ‘n tyd soos hierdie) deur HOM so te vertrou dat HY en HY alleen ons voorsiener is.
Hier by “Bet-El” dien ons God ooreenkomstig Sy perspektief. Ons het ‘n gewillige hart om die Lewende God te dien. Ons besef dat ons in ‘n stukkende wêreld leef en ons is bewus dat daar soveel mense daarbuite is wat graag wil terugkeer na die waarheid, maar nie altyd weet hoe nie, maar wat bereid is om hulle harte oop te maak vir Hom wie nooit ophou klop aan die deur van ons harte nie.
Ons wil graag mense help om weg te draai van die wêreld en sy dinge en terug te keer na God en die dinge wat vir Hom aanneemlik is. Om Abba Vader te behaag is om een honderd present op Hom te vertrou.