Ek en Henda ontmoet mekaar Oktober 2009 in Tzaneen en ons trou in Desember 2010. Ons is geseënd met ‘n pragtige dogter Miné (sy is tans 21 en studeer onderwys).
Ons verhuis in 2015 na Nelspruit weens ‘n beter werksgeleentheid vir my. Ons het albei in tradisionele Christen huise grootgeword, maar steeds in die wêreld geleef en geen benul gehad van wat God se geregtigheid werklik beteken nie.
In Nelspruit woon ons die AGS-kerk se dienste by, maar skakel nooit werklik in nie.
Ons weet van Tiaan van ons Tzaneen dae af, nadat hy in 2010 by ‘n geleentheid die bestuurspan van ‘n vorige werkgewer bedien het.
In ons soeke na meer kom ons af op Tiaan se video van: “Maak skoon jou huis”. Daarna het ek die OICB app afgelaai en bewus geraak van die mannekampe wat deur hulle aangebied word.
In 2024 gaan ek op een van hierdie mannekampe en kry ‘n groter honger vir die Woord van God, tydens die volgende mannekamp word ek gedoop en my lewe verander radikaal.
Hoe meer ek betrokke raak hoe meer is my gebed “HERE hier is ek, stuur my” (Jesaja 6:8: “Daarop hoor ek die stem van die Here wat sê: Wie sal Ek stuur? En wie sal vir ons gaan? Toe antwoord ek: Hier is ek, stuur my”)
Na elke kamp en Bybelstudie wat ek en Henda bygewoon het, word die begeerte net groter en groter om in ons hemelse Vader se weë te wandel.
Ons wag opgewonde op ABBA om ons te gebruik soos en waar Hy wil. (Jeremia 18:6: “…soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, o huis van Israel!”)
Ons sien baie uit na die nuwe hoofstuk in ons lewe as deel van die OICB span.