hein en luzelle Cupido

Selnommer: 0716148013
Pretoria

hein en luzelle cupido

Selnommer: 0716148013
Pretoria

Ek en Luzelle ontmoet in my matriekjaar in 1999, in 2002 word Luzelle swanger met ons oudste seun Hyron, deur die Here se genade trou ek en Luzelle op 4 Des 2004, dit gaan met ek en my vrou baie goed of so het ons gedink, alhoewel ons die Here Jesus nog nie ontmoet het nie, geniet ek en Luzelle
amper alles wat die wereld ons kon bied. In 2007 word Luzelle swanger en die verwagting is groot maar was van korte duur, op 9 weke kry Luzelle n miskraam. In 2009 is ons weer swanger en hierdie keer is die verwagting nog groter. Versigtig deur die hele proses, op 40 weke swanger die oggend terwyl ons klaarmaak vir die dag sien ek hoe Reuel in die baarmoeder duidelik rond beweeg, 12:30 die Middag by die hospitaal kom daar n groot stilte en lewe is daar nie meer nie. Op 28jaar oud staan ek voor ‘n oop graf. Amper 3 jaar later staan ek voor daardie selfde oop graf waar ons Lael tot ruste lê wat op vier maande oud met leukemia gediagnoseer was. Ek was op daar die stadium nuut as kontrak werker aangestel.

Die Here rig die mees wonderlikste kollegas/bestuuders rondom Luzelle op by haar werk in Midrand en laat haar toe om van die hospitaal self te werk waar sy vir weke self moes bly terwyl Lael deur Chemo moes gaan. Die Here voorsien gedurende daardie tyd vir Luzelle ‘n baie beter werksgeleentheid, waarvoor sy omtrent amper ‘n jaar vantevore aansoek gedoen het. Nadat sy die nuus aan haar  bestuurder breek gee hy haar die woorde "Luzelle as ek jy was sou ek my bedanking ingedien het, moet nie die geleentheid laat verby gaan nie, die Here sal voorkant toe sorg.In haar nuwe werk in Pta Brooklyn 2km ver van die hospitaal af begin Lael al hoe meer siek word en die Here rig weer self bestuuders op, wat verstaan, omgee en toelaat dat sy van tyd tyd kan inloer by die hospitaal.

Twee maande voor Lael se afsterwe terwyl ek in Zuid Afrikaanse Hospitaal, in die Kinder Intensiewe Sorg eenheid, op moedverloor se vlakte sit, lees ek een van Tiaan Gildenhuys se dagstukkies wat ek op daai tyd nog per epos ontvang het. Ek skryf toe per epos aan Tiaan en vra dat hy vir my moet intree en vir ons baba bid. Twee weke later sit ek by Tiaan vir berading, net voor ek daar loop stop Tiaan elke lering van hom in my hand, ek is op daar die stadium so platsak ek was lank by die "ou" en omtrent nog seker ‘n verdere 15minute saam met hom gebid, cd’s in my hand, my gedagtes sê hoe gaan ek ooit hierdie kan bekostig? Ek ek antwoord hom "kan ek maar hierdie by jou kom kry as ek geld het?” Hy antwoord: “verniet het ek dit ontvang en verniet gee ek dit”, met sy vinger gerig na bo. Ek loop daar uit trane oor my wange, dit het ek nog nooit so gevind nie, my gedagtes is ver en dit lyk vir my ‘n berg is van my rug af.

In Desember verlaat Lael ons, na sy afsterwe ontmoet Luzelle ook persoonlik vir Tiaan vir berading. Ons het toe van daar af amper elke seminaar van Tiaan in Pretoria bygewoon maar terug by die huis, gaan ons van een na die ander kerk, opsoek na wat ek in die bybel gevind het, ons was aktief betrokke by elke gemeente en neem verskillende by posisies by vele van die gemeentes waar ons gedien het, maar dit was van korte duur keer op keer. By ‘n seminaar in November 2012 ontmoet ons vir Chris van Niekerk, as ons hom moes beskryf, die man met die nederigste gees, hy bid en vertrou saam met ons vir Luzelle wat op daardie stadium met Eden swanger was. In 2013 drie dae voor ons dogtertjie Eden se geboorte word ek en my vrou deur Tiaan gedoop. ‘n Dag na haar geboorte daag Tiaan en Joey in die reën by Wilgers Hospitaal op om saam met ons te bid. Tiaan en Joey kruip gou baie diep in ons harte ek en Tiaan begin toe op gereelde basis  gesels rondom die Woord, kry van daar af gereeld 1Tim 3:16,17.

Ek sal nooit die dag vergeet in Gezina waar Tiaan bedien het, staan ‘n persoon op en sê die Here sê ;julle huis sal n huis van gebed wees" terwyl hy ons by die naam roep. Ek het meteens koud geword. 2014 begin  ek en my vriend Adrian elke Saterdag by die Outehuis te Eersterust bedien. In 2017 bedien ons met ‘n bybelstudie groep van ons huis af waar Tiaan en Chris van tyd tot tyd ook kom bedien het, waarby die honger vir Gods Woord net groter begin word het… In soeke na meer.

In dieselfde jaar verras die Here ons met n tweeling Zion en Zaccai danksy die Here Jesus Christus van Nasaret se sin vir humor en stuur dit ons in ‘n nuwe rigting. In 2018 word ek as Herder ingeseën by ‘n gemeente en lei in verskeie bedieninge in die kerk, wat n voorreg en seën was dit om te kon sien wat die Here kan doen.

Ons groot liefde tot vandag toe is jongmense en huwelike en natuurlik bevryding van God se kinders van satan se bindinge. Wat ons verniet ontvang het, wil ons verniet uitgee. Ons kan nie meer stilbly oor die wonders wat die Here in ons lewe kom doen het nie, en wil deel wees en bly van die liggaam van Christus, waar die Heilige Gees ons ookal kan gebruik om  jongmense en huwelike te help genees en los help kom van al die bindinge wat ek en my vrou ook op ‘n stadium in ons lewe mee vasgebind was.