Wanneer laas het jy regtig baie mooi na jouself in die spieël gekyk en die ware JY raakgesien? En nou praat ek nie van daardie persoon met die masker aan wat so mooi op-
As die Woord van God dan sê dat ek en jy na Sy beeld geskape is, is dít wat ek en jy dan sien as ons na onsself kyk? En meer nog, is dit wat ander mense sien wie na my en jou kyk?
Gen 1:26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.
Die King James-
Psa 7:9 Laat tog die boosheid van die goddelose mense ‘n einde neem, maar bevestig U die regverdige, ja, U wat harte en niere toets, o regverdige God!
Jer 17:10 Ek, die HERE, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë, volgens die vrug van sy handelinge.
Maar dan is so baie van ons “selfrighteous”-
Mrk 12:30 en jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod.
Mrk 12:31 En die tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as dié nie.
As ek dan die Woord reg verstaan, dan beteken dit dat jy ander hoër as jouself moet ag en nie net jou eie belange voorop moet stel nie. Dit beteken dat jy jou vrou se belange bo joune moet stel, omdat jy haar moet eer en die Here moet dank oor die “geskenk” wat Hy aan jou toevertrou het om te versorg en te koester en lief te hê…en dit nie aan die buurman se vrou of die tannie daar by die huis met die rooi ligte of op die internet gee nie! Dit beteken ook dat jou werk of bediening of sport nie belangriker as God en jou familie, moet wees nie. Markus 12 hierbo is duidelik dat jy God eerste moet dien en moet soek met jou hele wese en alles wat jy besit…(wat so “by the way” net genade uit Sy hand is)…en daarna jou naaste wat ook jou gesin insluit! So baie Christene is egter so besig met die dinge van die Here, dat ons die Here van die dinge en Sy hart vir mense mis! En dan glo ons dat ons in aansien is by die Here.
Fil 2:1 As daar dan enige troos in Christus is, as daar enige vertroosting van die liefde, as daar enige gemeenskap van die Gees, as daar enige innige tederheid en ontferming is,
Fil 2:2 maak dan my blydskap volkome deur eensgesind te wees en dieselfde liefde te hê, een van siel, een van sin.
Fil 2:3 Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.
Fil 2:4 Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s’n.
Fil 2:5 Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.
As ek egter na my eie lewe en na ander rondom my kyk, dan sien ek maar min van hierdie gesindheid van Jesus. In stede daarvan sien ek kinders van die Here wat soos soldate gekwes en vol bloed op ’n slagveld rondlê, soos mede-
Luk 11:34 Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, is jou hele liggaam ook verlig; maar as dit verkeerd is, is jou liggaam ook donker.
Luk 11:35 Pas dan op dat die lig in jou nie duisternis is nie.
As die lig in ons dan donker is, hoe kan ons die lig vir die wêreld wees as ons self nie eens kan sien nie?
Mat 5:14 Julle is die lig van die wêreld. ‘n Stad wat bo-
Mat 5:15 en ‘n mens steek ook nie ‘n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is.
Mat 5:16 Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.
Net voor die Here opgevaar het, het Hy aan ons die opdrag gegee om dissipels te gaan maak van alle nasies en hulle alles te leer wat Hy ons geleer het. Die woord “dissipel” beteken om ’n navolger te wees, maar hoe kan ons aan ander die Weg wys, as onsself verdwaal en vêr van die Weg is?
Mat 28:19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
Want Jesus self sê dat Hy die Weg, die Waarheid en die Lewe is!
Joh 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
Maar as ons so om ons rondkyk na die sogenaamde “kinders van God”, dan lyk dit meer of meeste van hulle maar net-
Joh 10:10 Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.
Ons kies egter om die vyand reg te gee om te kom steel, slag en verwoes in ons lewens en omdat ons nie “joy” en “peace” het nie, gun ons dit ook vir niemand anders nie! Ons hou aan om mense af te kraak, sleg te sê en te beskinder en hulle swakhede uit te wys, terwyl die Woord sê dat ons die wat nie sterk is nie, se swakhede moet dra en nie onsself moet behaag nie!
Rom 15:1 En op ons wat sterk is, rus die verpligting om die swakhede te dra van die wat nie sterk is nie, en nie onsself te behaag nie.
Kind van God, hoe lyk jou prentjie in die spieël?
Jy sien my liewe boeta en sussa, die Woord van God sê dat die oordeel by my en jou, as kerk/huis van God, sal begin, so ek en jy beter vinnig begin om te leef en lyk soos kinders van God, sodat ons siele en stukkende mense by die Groot Geneesheer kan uitbring!
1Pet 4:17 Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?
Of gaan ek en jy ook maar eendag die koortjie sing: “moet ek gaan met leë hande, moet ek só my Heer ontmoet?”
In Handelinge lees ons hoe God van Dawid getuig, dat hy ’n man na God se hart was, omdat hy gedoen het wat God behaag het.
Act 13:22 En nadat Hy hom afgesit het, het Hy Dawid vir hulle verhef as koning, van wie Hy ook gesê en getuig het: Ek het Dawid, die seun van Isai, gevind, ‘n man na my hart, wat al my welbehae sal doen.
Toe Saul nie meer bereid was om te wag tot Samuel kom om die offer aan die Here te bring nie, besluit hy in sy hoogmoed om dit self te bring. Die Here bevestig deur Samuel se woorde aan Saul dat Hy gehoorsaamheid verkies eerder as enige offer, want wat sal ons ooit aan God kan bied vir die offer van Jesus Christus in ons plek aan die kruis? Ons moes die pak slae vat vir ons sondes, maar God het dit op Jesus kom laai, omdat Hy ons so ontsettend liefhet!
Net ’n maand gelede besef ek dat ek geen idée het van hoé groot God se liefde vir ons is nie en wat dit alles behels nie. Ek besef dat ek Hom nog nie waarlik as Abba Vader leer ken het nie, want ek verstaan nie Sy hart nie en was ook geensins besig om dit te soek nie. Ek was besig om Hom…en die wêreld te probeer beïndruk deur dooie werke! Terwyl die Here sê: “Ek soek nie julle offers nie, Ek soek jul gehoorsaamheid!”
1Sa 15:22 Daarop sê Samuel: Het die HERE behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van die HERE? Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme.
Maar ons is so vol van die “eie ek” en dit wat ons alles “vir die Here wil doen”, maar vat ons werklik tyd om by die Here se voete te gaan stil word, om te hoor wat Sy wil is en wat Hy vir ons wil sê? Ken ons nog Sy stem en hoor ons as Hy praat? Let op die waarskuwing uit God se woord:
1Sa 15:23 Want wederstrewigheid is ‘n sonde van waarsêery, en eiesinnigheid is afgodery en beeldediens. Omdat jy die woord van die HERE verwerp het, het Hy jou as koning verwerp.
Het jy jou “koningskap” in jou huis verloor…jou kinders nie meer respek vir jou nie, jou vrou dwars en daar altyd verdeeldheid in jou laer, jou huweliksbed besoedel, ens., ens.? Kyk dan volgende keer bietjie mooier in jou spieëtjie as jy skeer en kyk ’n slag na die ware jy!
Dink ook aan wat sou Jesus van my en jou sê oor die prentjie in ons spieël? As ons so bekommerd is en “worry” oor die dag van môre, nie ons naaste wil vergewe nie en met bitterheid rondloop, altyd negatief is en murmereer oor dit wat ons nie het nie en ja selfs het!, oor die koffie by Wimpie wat bitter is of die hamburger wat so vol soy is dat jy ’n Rennie saam moet bestel…terwyl daar mense is wat dalk gister en vandag nog nie geëet het nie! Terwyl jy jou mond vol het oor ’n vrou wat die as van haar babatjie in sy teddiebeer ronddra en nie kan laat los nie, terwyl jy niks verstaan van haar hartseer en pyn nie…dink ons dan regtig dat ons God behaag?
My liewe sogenaamde kind van God, dit het tyd geword dat ek en jy die drekgode (feeste en “goedjies” vir die Here, ons werk, sport, selfone, televisies met hul “soapies”, vriende en rykmans-
Kol 3:1 As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit.
Kol 3:2 Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.
Dis tyd dat die ware kinders van God, ’n bietjie dieper selfondersoek doen om te sien of ons dalk werklik so wedergebore is as wat ons dink en of ons nie weer ’n slag moet bekeer en terugkeer na die voete van ons Here Jesus nie! Want jy sien, ’n maand terug was ek oortuig daarvan dat ek “links voor” sit as Jesus kom op die wolke, maar na dese weet ek dit sal net genade wees om die poorte van die hemel in te gaan, wat nog te sê van om saam te gaan as Jesus Sy bruid kom haal vir die “party” bo alle “parties” in die hemel!
2Kor 13:5 Ondersoek julself of julle in die geloof is; stel julself op die proef. Of is julle nie seker van julself dat Jesus Christus in julle is nie—as julle ten minste nie verwerplik is nie!
Terwyl jy jousself ondersoek oor jou saligheid, let sommer daarop hoe jy na ander mense kyk voor jy hul oordeel!
Bobby van Jaarsveld het ’n liedjie geskryf, “ken jy my”, met die volgende woorde:
“Ek het myself belowe ek sal mooi gaan kyk
Voor die donkerkant vir my dalk mooier lyk
Maar ek het weer geval, my knieë is moeg gekruip,
Maar ek staan!
Jy sê ek is in die verkeerde helfte,
Jy preek vir my, maar jy doen dan dieselfde
Kyk mooi na my..ken jy my, ken jy my?
Dink mooi voordat jy jou vinger wys
Want jy weet nie waardeur ek gaan
Ja ek val, maar ek sal bly opstaan
Kyk mooi na my en dalk sien jy, dalk sien jy my!”
Let ook op wat sê die Woord oor hierdie aspek van oordeel:
Rom 2:1 Daarom is jy, o mens wat oordeel, wie jy ook mag wees, sonder verontskuldiging; want waarin jy ‘n ander oordeel, veroordeel jy jouself; want jy wat oordeel, doen dieselfde dinge.
Rom 2:2 En ons weet dat die oordeel van God na waarheid is oor die wat sulke dinge doen.
Rom 2:3 En meen jy, o mens wat hulle oordeel wat sulke dinge doen, en dit self doen, dat jy die oordeel van God sal ontvlug?
My boeta en sussa in Jesus Christus, hoe gaan hierdie stukkende mensdom genees, as ek en jy nie meer soos Jesus begin lyk en optree nie? Hoe lank wil ek en jy in ongehoorsaamheid, ons voete bly sleep en dink dit is vir God aanvaarbaar as ons maar so lou deur hierdie lewe “cruise” en in ons gemaksone sit en onsself vet voer? Kind van God, die Woord is duidelik dat ek en jy sonder seremonie uitgespoeg sal word!
Opb 3:15 Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm!
Opb 3:16 Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug.
Kind van God, ek en jy kan nie vir ons’n plek koop in die hemel deur ons werke nie! Dit is tyd dat ons ophou speletjies speel met die Heilige en Almagtige God en Hom weer ons eerste liefde maak!…besef ek en jy werklik hoe God dit begeer, verstaan ons werklik Sy hart vir ons?
Opb 2:2 Ek ken jou werke en jou arbeid en jou lydsaamheid, en dat jy slegte mense nie kan verdra nie; en dat jy dié op die proef gestel het wat sê dat hulle apostels is en dit nie is nie, en hulle leuenaars bevind het;
Opb 2:3 en dat jy verdra het en lydsaamheid besit, en ter wille van my Naam gearbei en nie moeg geword het nie.
Opb 2:4 Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het.
Opb 2:5 Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie.
My boeta en sussa, die tyd is min en nie een van ons weet wanneer Abba Vader vir Jesus gaan stuur om Sy bruid te kom haal nie! Die vraag is: “hoe lyk jou prentjie in die spieël en hoe gaan Jesus jou vind as Hy kom?”
Kind van God, hóór jy die klop? Wanneer gaan ek en jy oopmaak vir Sy liefde om ons te vul en deur ons te vloei na die stukkende mensdom rondom ons?
Opb 3:19 Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou.
Opb 3:20 Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.
Vandag is nog ’n genadekans wat deur Vader aan ons geskenk is…wat gaan ek en jy daarmee doen? Hoe gaan my en jou prentjie na dese lyk in die spieël?
Daar is nog tyd!…maar vir hoe lank?
Alle eer aan ons Here Jesus Christus wat in ons plek gekruisig is, begrawe is en op die derde dag deur Abba Vader uit die dode opgewek is en wat nou sit aan die regterhand van Abba Vader!
Ernest Phillipson (Danabaai)
ecp@oicb.co.za