Hi Tiaan
Vrede vir julle almal in Jesus se Naam!
Ek wil vra: daai spiraaltjie; wat is die betekenis van die ding. Daai ronde sirkel-spiraal..Furniture City se logo het hom. Die verpestelike ding is ORALS!
Die rede hoekom ek vra, is omdat ons laasweek hier in “insident” gehad het. Ons is wedergebore kinders van Jesus, en is bewus van al die aaklige goed wat rondom ons is, daarom bid ons die Bloed van Jesus oor ons elke dag. Ons het ook nie “goeters” in ons huis nie. Vir ons, as gesin, is dit baie belangrik om volgens God se Woord te leef, ons is vurig vir Jesus.
Ons drie-jarige word wakker, dan sing hy “Jesus….die sterke Leeu van Juda..” Hy kan (ons dink so) in die geestesrealm sien. Nou die dag kom hy by my en sê: “Mamma, ek kan nie in my kamer ingaan nie” ek het niks gesê nie, hom net opgetel en na sy kamer toe gestap, en toe ek daar kom(het lig afgehou) toe kry ek rillings, die kamer is so donker, en ek voel die evil. Corban druk sy koppie in my nek in, en toe sê ek hy moet sy hand uitsteek en sê: “Gaan weg in Jesus se Naam!” Hy doen dit, en ek join in, en soos ons dit sê, kan ons sien hoe verander die kamer weer in lig, en poef! Weg is die goed. Okey, wat was dan daar wat die satan ‘n wettige reg gegee het, want ons koop nie speelgoed en klere met superman en ben 10 en daai magic gemors op of in nie. Ons kon dit nie verstaan nie, anyway, toe bid ons net, salf weer die kind en kamer, en maak nie ‘n scene nie, sê net as hy goed sien moet hy sê gaan weg in Jesus se Naam. Daar was so ruk terug ‘n mannetjie wat glo soms aan hom “verskyn het” hy sal speel, en dan sê: “Kyk die lelike mannetjie Mamma..” dan sê ek ook net hy moet hom wegjaag in Jesus se Naam. Later het Corban sommer so gespeel dan hoor ek dit, maar hy was nie bang of so nie.
Daai mannetjie het intussen pad gevat, hehe
Toe, na ‘n lang tyd, kom ons nou hierdie spiral-dingetjie agter, hy is oral! Laasweek kom hardloop Corban so styf teen my vas en sê daar’s ‘n dogtertjie op die bank. Ek stap saam hom en vra waar is sy nou? Hy sê daar sit sy mamma!(ek kon niks sien) Toe sê ek vir hom hy moet sê gaan weg in Jesus se Naam! Hy doen dit en toe ek vra waar is sy nou? Toe is sy weg! Toe een nag kon Corban nie slaap in sy kamer nie, hy’s kort-kort wakker, Pappa dryf duiwels uit, maar niks, maar toe hy vir Corban self aansê om dit te doen, daar slaap hy! Sy 10-jarige boetie wat ‘n liefkind is en ook ongelooflik lief vir die Here, is skielik bang om in sy kamer te slaap, en sukkel om te slaap!?
Ek bid die volgende oggend, sê vir Vader ek verstaan dit regtig nie, ek meen hoe? En soos wat ek bid, kom een outfit van my by my op. Ek twyfel nooit aan sulke goed nie, gaan na Corban se kamer, want my somergoed hang daar, en pluk die top uit, en wat kry ek? Spiraaltjies die hele ding vol!!!!! Die skirt wat saamkom, is fabulous, maar ook vol van die goed. Nou ja, dis uitgegooi. In boetie se kamer: (hy weet nog nie van die klere van mamma nie, en dis dieselfde oggend) hy het so devotional-boekie vir kinders sy ouderdom by ‘n tannie gekry, en hy lees daaruit elke oggend as hy stiltetyd hou. Hy kom sê hy wil my vertel vandat hy daai boekie (‘n week) het is hy bang. Ons bekyk die ding, en raai wat is op die voorblad: ‘n groot, pers spiraal! Ons knip dit stukkend, bind dit in Jesus se Naam, en daai aand slaap almal wel. Ek het Corban se kamer se kantgordyne stukkend geknip ook, en sy “oulike” groen toppie met die apie op was ook vol daarvan!!
Groete
Jacomien Beukes