Dis interessant hoe sekere dinge in hierdie laaste dae waarin ons lewe, skielik orals sy kop begin uitsteek. Net soos wat ek in ‘n ander artikel geskryf het van Christene wat al hoe meer wil glo dat hulle net gaan slaap as hulle sterf, en nie dadelik hemel of hel toe gaan nie. Vanuit die Bybel het ons gesien dat daardie argument nie Skriftuurlik korrek is nie.
Maar skielik word ek ook nou by meer as een geleentheid gekonfronteer met Christen-
Of hulle sal kom met argumente soos: “Selfs die natuur wys vir jou dat een mannetjie ‘n hele harem vrouens kan hê, kyk bv. na ‘n rooibokram met al sy ooitjies, of na ‘n leeumannetjie met sy wyfies, of ‘n bobbejaanmannetjie met sy wyfies…” Wat die argument oor die natuur betref, kan ek jou maar net daarop wys dat God die mens geskape het as die KROON van Sy skepping, in SY Beeld en Gelykenis, en dat ons onsself nie met die diereryk kan vergelyk nie.
Weer eens kan ek maar net teruggaan na die Bybel en dit lees net soos wat dit daar geskrywe is:
“Want ons skryf aan julle NIKS ANDERS as wat julle lees of ook verstaan nie, en ek hoop dat julle dit ook tot die einde toe sal verstaan…”
(2 Korinthiërs 1:13)
Ons kan dus baie duidelik in die Bybel lees net wat daar staan, en dit verstaan, net soos wat dit daar staan. Jesus het ons ook baie duidelik gewaarsku in Mattheus 22:29:
“Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Julle DWAAL, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie.”
Kom ons kyk dan nou wie “dwaal” omdat hulle “die Skrifte nie ken nie”,… daardie Christen-
In die eerste plek lees ons in Genesis 1:27:
“En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; MAN EN VROU het Hy hulle geskape.”
Kyk mooi dat daar staan “…man en vrou…” daar staan NIE “…man en vrouens…” nie. So, toe God die mens skape na Sy beeld en Sy gelykenis, het Hy hulle geskape as EEN MAN en EEN VROU.
Dan lees ons verder in Genesis:
“So het die mens dan name gegee aan al die vee en aan die voëls van die hemel en aan al die wilde diere van die veld, maar vir die mens het hy geen hulp gevind wat by hom pas nie. Toe het die HERE God ‘n diepe slaap op die mens laat val; en terwyl hy slaap, het Hy EEN van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vlees toegemaak. En die HERE God bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot ‘N VROU en bring haar na die mens. Toe sê die mens: Dit is nou eindelik been van my gebeente en vlees van my vlees. SY sal mannin genoem word, want SY is uit die man geneem. Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy VROU aankleef. En hulle sal een vlees wees.” (Genesis 2:20-
Let asseblief nou saam met my mooi op na ‘n paar duidelike gedagtes uit hierdie stuk:
1. God neem EEN van Adam se ribbebene, nie TWEE of DRIE of VIER nie.
2. Dan bou God die EEN enkele ribbebeen tot “…’n vrou…”, nie tot“…vrouens…” nie.
3. Adam roep uit: “…SY sal mannin genoem word…”, hy sê nie “…HULLE sal mannin genoem word…” nie.
4. En laastens sê Adam: “Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en SY VROU aankleef…”, hy sê nie vir een oomblik hy sal sy VROUENS aankleef nie.
So ons sien hier in Genesis dat God vir Adam en EVA skape, nie vir Adam en EVA’s nie. Die interessante is nou dat hierdie teksvers dat die man sy vader en moeder sal verlaat en sy VROU sal aankleef, nog drie ander kere in die Bybel na verwys word, met ander woorde, in totaal kom dit VIER keer in die Bybel voor! As iets vier keer in die Bybel voorkom, dan dink ek God is redelik ernstig daaroor. Kom ons kyk gou daarna:
“En Hy antwoord hulle en sê: Het julle nie gelees dat Hy wat hulle gemaak het, hulle van die begin af MAN EN VROU gemaak het nie, en gesê het: Om hierdie rede sal die man sy vader en sy moeder verlaat en sy VROU aankleef, en hulle TWEE sal een vlees wees; sodat hulle nie meer TWEE is nie, maar een vlees? Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.” (Mattheus 19:4-
“Toe kom die Fariseërs na Hom; en, om Hom te versoek, stel hulle Hom die vraag of dit ‘n man geoorloof is om van sy vrou te skei? Maar Hy antwoord en sê vir hulle: Wat het Moses julle beveel? En hulle sê: Moses het toegelaat om ‘n skeibrief te skrywe en van haar te skei. En Jesus antwoord en sê vir hulle: Vanweë die hardheid van julle harte het hy vir julle hierdie gebod geskrywe,maar van die begin van die skepping af het God hulle MAN EN VROU gemaak. Om hierdie rede sal die man sy vader en moeder verlaat en sy VROU aankleef, en hulle TWEE sal een vlees word, sodat hulle nie meer TWEE is nie, maar een vlees. Wat God dan saamgevoeg het, mag geen mens skei nie.” (Markus 10:2-
“Want ons is lede van sy liggaam, van sy vlees en van sy bene. Daarom moet die man sy vader en sy moeder verlaat en sy VROU aankleef en hulle TWEE sal een vlees word.” (Efesiërs 5:30,31)
In Mattheus en Markus lees ons dat Jesus Christus aan die woord is. En wie is Jesus Christus? Hy is God Homself! En wat doen Jesus? Hy verwys na die gebeure in Genesis en Hy bevestig dat God hulle van die begin af MAN EN VROU gemaak het en dat hulle TWEE een vlees sal wees. Hy sê nie hulle drie, of hulle vier, sal een vlees wees nie. In die brief aan die Efesiërs, is Paulus aan die woord, onder inspirasie van die Heilige Gees, en wat skryf hy? Presies dieselfde! Die man sal sy VROU aankleef, en hulle TWEE sal een vlees word.
Maar waar begin die mense om die eerste keer ongehoorsaam te raak aan God se opdragte rakende een man en een vrou? Ons bly steeds in Genesis, want onthou wat bepaal 2 Timotheus 3:16,17:
“Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.”
Baie duidelik dus, kan ek uit die HELE SKRIF uit, wat ALLES “…deur God ingegee…” was, LEER en ook daaruit TEREGGEWYS word. So, ek kan nie Genesis wil afmaak as geskiedenis, of dat dit nie meer op my van toepassing is nie, nee, ek kan steeds daaruit lering ontvang, want Genesis is OOK deur God ingegee (al sê watter mense nou ookal wat).
“Toe gaan Kain weg van die aangesig van die HERE, en hy het gewoon in die land Nod, aan die oostekant van Eden. En Kain het sy vrou beken, en sy het swanger geword en Henog gebaar. Daarna bou hy ‘n stad en noem die stad na die naam van sy seun Henog. En vir Henog is Irad gebore; en Irad was die vader van Mehújael; en Mehújael was die vader van Metúsael; en Metúsael die vader van Lameg. En Lameg het vir hom twee vroue geneem. Die naam van die eerste was Ada, en die naam van die tweede Silla.”
(Genesis 4:16-
Hier sien ons duidelik dat die eerste persoon wat vir hom TWEE vroue geneem het, Lameg was, uit die bloedlyn van Kain. So baie duidelik het Kain se ongehoorsaamheid aan God, etlike geslagte later uitgeslaan by Lameg wat skielik vir hom TWEE vrouens neem. Maar het jy opgelet dat selfs Kain “…SY VROU beken…” het? Nie eens hy het meer as een vrou gehad nie.
Maar nou ja, van Lameg af het dit al hoe meer begin voorkom in die Bybel, en mense, selfs God se eie kinders het begin om soos die ander mense op te tree, instede daarvan om te hou by God se opdragte. Nog ‘n persoon wat baie duidelik opsetlik, en in direkte ongehoorsaamheid, vir hom meer as een vrou geneem het, was Esau. Lees saam met my:
“Toe Esau sien dat Isak Jakob geseën en hom na Paddan-
Esau het dus sy ouers probeer “spite” en vir hom meer as een vrou gaan haal juis vanuit die volke wat sleg was in sy vader se oë. Dis vandag nog vir my hartseer om te sien hoe sommige Christen mans hulle eie vriende en familie probeer “spite” deur in ongehoorsaamheid aan die Woord in verkeerde verhoudings met meer as een vrou in te gaan. Tog is daar ‘n Engelse gesegde wat lui: “Cut your nose to spite your own face”. Aan die einde van die dag is dit net daardie persoon self wat benadeel word, want sy ongehoorsaamheid aan die Woord van God maak die deur oop vir verskeie aanslae van die satan af op bv. sy vrou, sy finansies, sy verhouding met sy familie, sy verhouding met sy kinders, sy vriende, ensomeer.
Maar steeds staan hulle op die argument dat al daardie mans in die Bybel meer as een vrou gehad het, en dat Salomo selfs sewehonderd vrouens gehad het, so waarom mag hulle dit nie ook doen nie? Goed, kom ons lees nou in die Bybel wat het al daardie vrouens in Salomo se lewe tot gevolg gehad.
“En koning Salomo het baie uitlandse vroue liefgehad;… uit die nasies waarvan die HERE aan die kinders van Israel gesê het: Julle mag nie met hulle meng nie, en hulle mag nie met julle meng nie; hulle sal voorwaar julle hart verlei agter hulle gode aan—Salomo het hulle met liefde aangehang. En hy het sewe honderd vroue, vorstinne, gehad, en drie honderd byvroue, sodat sy vroue sy hart verlei het. En in die tyd van Salomo se ouderdom het sy vroue sy hart verlei agter ander gode aan, sodat sy hart nie volkome met die HERE sy God was soos die hart van sy vader Dawid nie…. So het Salomo dan gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE en nie volgehou om die HERE te volg soos sy vader Dawid nie... Daarom was die HERE toornig op Salomo, omdat sy hart afgewyk het van die HERE, die God van Israel, wat twee maal aan hom verskyn het, en hom bevel gegee het omtrent hierdie saak om nie agter ander gode aan te loop nie; maar hy het die bevel van die HERE nie gehou nie. Daarom het die HERE vir Salomo gesê: Omdat dit so ver is met jou dat jy my verbond en my insettinge wat Ek jou beveel het, nie hou nie, sal Ek verseker die koningskap van jou afskeur en dit aan jou dienaar gee.” (1 Konings 11:1-
Kan jy sien wat was die gevolg van Salomo se ongehoorsaamheid aan God se opdragte? Sy baie vrouens het sy hart verlei agter ander afgode aan en sy hart was nie meer volkome met God nie. Dis presies dieselfde wat gebeur met manne wat meer as een vrou wil hê. Daardie verkeerde verhoudings veroorsaak dat sulke manne wat voorheen God gedien het, se harte nie meer volkome met God is nie, en dat hulle nie meer in totale gehoorsaamheid aan God se Woord lewe of wil lewe nie. Effektief word hulle ook “verlei” deur die “afgod” genaamd wellus, want baie manne raak verslaaf daaraan, net soos aan rook, of drank, of dwelms…. Kyk dan ook wat is die gevolg van Salomo se ongehoorsaamheid – die Here vat die koningskap van hom en sy familie af weg. Dit loop nogal in lyn met die baie bekende woorde van Hosea 4:6:
“My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.”
Daardie manne wat deel is van God se kinders, en wat die Bybel wil gebruik om hulle ongehoorsaamheid te regverdig, en sodoende opsetlik wil aanhou sondig, moet baie beslis oppas dat die Here nie ook die “koning-
“Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed en ONS gemaak het KONINGS EN PRIESTERS vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.” (Openbaring 1:5,6)
“Want as ons OPSETLIK sondig, NADAT ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie, maar ‘n verskriklike verwagting van oordeel en ‘n vuurgloed wat die teëstanders sal verteer.” (Hebreërs 10:26,27)
Wees gewaarsku!
Nee, wat moet sodanige persoon eerder doen? Hy moet sy sonde bely en dit laat staan!
“As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. As ons ons sondes BELY, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig. As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot ‘n leuenaar en is sy woord nie in ons nie.” (1 Johannes 1:8,9)
“Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit BELY en LAAT STAAN, sal barmhartigheid vind.” (Spreuke 28:13)
Hoe kan ek so ernstig wees hieroor, of sê dat dit sonde is? Want ek sien in die Bybel dat seks buite die huwelik hoerery is. En kyk hoe duidelik spreek die Bybel hom uit oor hoerery:
“En die liggaam is NIE VIR HOERERY nie, maar vir die Here; en die Here vir die liggaam.… Weet julle nie dat julle liggame lede van Christus is nie? Sal ek dan die lede van Christus neem en dit lede van ‘n hoer maak? Nee, stellig nie! Of weet julle nie dat hy wat ‘n hoer aanhang, met haar een liggaam is nie? Want die twee, sê Hy, sal een vlees wees. Maar wie die Here aanhang, is een gees met Hom. VLUG VIR DIE HOERERY. Enige sonde wat ‘n mens doen, is buite die liggaam; maar wie hoerery bedryf SONDIG teen sy eie liggaam. Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.” (1 Korinthiërs 6:13-
“Maar wie sê seks buite die huwelik en met iemand anders se vrou, is buite God se wil, en dus sonde?” vra menige mense my. Wel…. die Bybel….
“Ná hierdie dinge het die vrou van sy heer haar oë na Josef opgeslaan en gesê: Kom hou gemeenskap met my. Maar hy het geweier en aan die vrou van sy heer gesê: Kyk, deur my is dit dat my heer geen kennis neem van wat in die huis is nie; en alles wat syne is, het hy aan my oorgegee. Hy is in hierdie huis nie groter as ek nie en het my niks onthou nie behalwe u, omdat u sy vrou is; hoe kan ek dan hierdie groot kwaad doen en SONDIG teen God?” (Genesis 39:7-
Kyk mooi, Josef kry ‘n ope blatante uitnodiging van Potifar se vrou dat hy met haar gemeenskap moet hê. Die meeste van vandag se mans wat hulle sondes probeer goedpraat, sou daardie uitnodiging met ope arms aanvaar het, maar Josef WEIER. Hoekom? Want Josef was ‘n ware MAN VAN GOD! En kyk mooi wat sê hierdie man van God in die laaste sin: “…hoe kan ek dan hierdie groot KWAAD DOEN en SONDIG TEEN GOD?” Vanuit Josef se woorde kry ons die baie duidelike bevestiging in die Bybel dat, as hy met Potifar se vrou –
En wat het in die Ou Testamentiese tyd met mense gebeur wat seks met ander getroude mense gehad het? Kom ons lees Deuteronomium 22:22:
“As ‘n man betrap word terwyl hy met ‘n getroude vrou gemeenskap het, moet hulle altwee STERWE: die man wat met die vrou gemeenskap gehad het, en die vrou. So moet jy dan die kwaad uit Israel uitroei.”
“En as iemand owerspel doen met ‘n man se vrou, owerspel doen met sy naaste se vrou, moet hy en sy wat owerspel doen, sekerlik GEDOOD word.” (Levitikus 20:10)
Kyk mooi, as iemand in die Ou Testamentiese tyd owerspel gepleeg het en seks gehad het met ander mans se vrouens, is hulle doodgegooi met klippe. En moenie eens probeer om die argument te gebruik dat die vrouens met wie jy so ‘n verkeerde verhouding het “nie getroud is” nie. Want die Bybel is net so duidelik oor manne wat met ongetroude meisies seks gehad het buite die huwelik. Só erg was seks buite die huwelik in God se oë. Nou, my vraag aan vandag se Christene is: As seks buite die huwelik in die Ou Testament vir God so ‘n groot GRUWEL was dat Hy hulle met klippe laat doodgooi het, wat laat ons as Christene dink dat dit in vandag se tyd vir God aanvaarbaar is? Waar in die Bybel staan dat GOD Sy siening verander het hieroor? Want ek lees in die Bybel dat God nog nooit verander het nie:
“Want Ek, die HERE, het NIE VERANDER NIE…” (Maleagi 3:6)
“Jesus Christus is gister en vandag DIESELFDE en tot in ewigheid.”(Hebreërs 13:8)
Dit wil sê, as God nog nooit verander het nie, is Sy siening rakende seks buite die huwelik vandag OOK nog dieselfde! Prys Jesus dat Hy ons nie meer vandag laat doodgooi met klippe nie, maar het jy geweet dat die BEGINSEL vandag steeds dieselfde is in die gees? Wat bedoel ek, vra jy? Ek bedoel dat daar steeds vandag dinge “STERF” wanneer daar hoerery en seks buite die huwelik is. Gewoonlik sterf een, of soms meer as een huwelik, of verhoudings tussen ‘n pa en sy kinders sterf, of verhoudings tussen ‘n ma en haar kinders sterf, of finansies sterf, ensomeer. Ons het al by meer as een geleentheid tydens beradingsessies dit gehad dat ‘n persoon wat met buite-
My oproep aan enige Christen-
“Want wederstrewigheid is ‘n SONDE van waarsêery, en eiesinnigheid is afgodery en beeldediens. Omdat jy die woord van die HERE verwerp het, het Hy jou as koning verwerp.” (1 Samuel 15:23)
Hier is weer die waarskuwing dat God jou “koningskap” van jou sal wegneem as jy nie gehoorsaam begin raak aan God se Woord nie, en willens en wetens aanhou om God se Woord en opdragte te verwerp.
Baie duidelik vanuit die Bybel dus, bestaan daar geen Bybelse gronde om verhoudings met meer as een vrou, te probeer goedpraat of regverdig nie. Dit is net nie Skriftuurlik korrek nie. Bly by die een vrou wat God vir jou gegee het, bid daagliks vir die Here se wysheid om jou huwelik van jou kant as man af, te maak werk. (Kry gerus ook my DVD oor: “Koning, Priester en Profeet” waarin ek praat oor die rol van die man in die huwelik.) Want manne, neem gerus net kennis van nog een waarskuwing in die Bybel, wat gaan gebeur as jy nie volgens God se Woord met jou vrou saamleef nie:
“Net so moet julle, manne, VERSTANDIG met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, EER BEWYS, omdat julle ook mede-
Meneer, voel dit vir jou asof jy “teen ‘n “ceiling” vasbid”? Voel dit vir jou of jou gebede nie verhoor word nie? Dan is my vraag aan jou: –
Mag die Heilige Gees van God die waarheid rakende hierdie boodskap, ‘n werklikheid maak in alle ware manne van God se lewens.
“…en as Hy ( Heilige Gees) kom, sal Hy die wêreld OORTUIG van SONDEen van geregtigheid en van oordeel…” (Johannes 16:8)
Is JY oop vir die Heilige Gees se oortuiging in jou lewe, jy wat jouself ‘n Christen-
tiaan gildenhuys
Outoriteit in Christus Bedieninge
Pretoria RSA
22/10/2011