KINDERS EN KARATE – SOMMIGE NAGEVOLGE

Hallo Tiaan,

Ek bid dat dit nog goed gaan met jou.  Met ons gaan dit goed.  Ek wil vir jou iets vertel:

Ons 12-jarige seun, Nico het karate gedoen.  Hy het begin op ouderdom 6 tot en met hy 10 was. Nadat ons ‘n Maak Skoon Jou Huis DVD gekyk het en geleer het oor die oorsprong en gevare van karate, het jong Nico self die keuse gemaak om karate te los.  ‘n Vrou het na ons huis gekom en ‘n bevrydingsgebed met hom gedoen.  Snaaks, ek was in ‘n mate skepties oor die hele gedoente, maar wou nie ongehoorsaam aan God wees nie.  Die vrou het Nico gelei in gebed, waarin hy al die dinge wat met karate saamgaan stap vir stap begin bely, aflê en bind en verwerp het.  

Alles het smooth gegaan totdat hy by die kata-gedeelte gekom het.  Die vertrek was meteens “gelaai” met ‘n evil teenwoordigheid, en Nico kon net nie die woord kata uitkry nie!  Ons het dadelik begin om te bid en toe die vyand bestraf.  Nico wou-wou nog hakkel, maar net daarna kon hy die woord uitkry en alles was verby.  Daar was so verligting by ons almal te bespeur.  Die vrou het koffie gedrink en is huistoe.  Ons het Nico se karategoed by die dojo gaan aflaai.   Dit alles het 2 jaar gelede gebeur.  

Toe so paar dae gelede pak ek ‘n boks bo in sy hangkas uit.  Ek raak deesdae maklik ontslae van goed.  Ek soek toe plek om die komberse netjies weg te pak.  

Toe ek die boks uithaal, kry ons Nico se karatehandskoene, die blou en rooi paar, en sy wit, geel en oranje karatebelde.  Hy sê toe hy wil die goed probeer verkoop.  Ons sit dit toe in ‘n sak en los dit op die kamervloer totdat ons winkels toe sou gaan.  Die volgende oggend staan hy op:  so wit soos ‘n meelman, naer en dronk in sy kop met maagpyn.  Onverstaanbaar????  Nie een van ons makeer toe iets nie.  Ek het vir hom gebid, hom gesalf, en hom laat lê, ons kon niks werk doen daardie dag nie – ons doen tuisonderrig.  Hy was beter na die gebed, maar nogsteeds nie 100% nie.  

Ek kon dit nie verstaan nie.  Toe stap ek middag se kant verby sy kamer en my oog vang die karategoed en ek besef:  A-HA! Dis DAAI goed wat hom so het!!!!!  Hy vat toe die goed, stap asblik toe, bind dit in Jesus se Naam en siedaar, also oor!  Hy makeer niks! (ek dink mens moet die goed eerder verbrand. (Deut.7:25,26)  

Dit is weer-eens ‘n bewys van wat God gesê het aan Sy volk:  Moenie die gewoontes van die heidennasies aanleer nie. (Jer.10:2)

Ek wou dit net met jou deel.

Mooi bly en goedgaan

Jacomien Beukes – Kaapstad