Weet jy, ek wonder reeds so by myself waarom het vuil taal so amper ‘n onlosmaaklike deel van ons gewone spreektaal geword? Is dit nie juis ‘n teken van die dinge wat in die laaste tye sal gebeur, soos wat 2 Timotheus 3:1-
Dit kan mos ook nie anders dat die kinders so sal praat nie, want pa en/of ma praat dan so! Almal weet dat dit gemenesaak is dat kinders net eenvoudig hulle ouers se voorbeeld nadoen. As ma of pa dit doen, móét dit mos reg wees en kan ék dit dan ook doen! Onder vuil taal val natuurlik gewone kru taal, swetsery, of die misbruik van die Naam van God. (Ag ja, my liewe vriend, en gebruik maar gerus die argument dat wat vir my ‘n vloekwoord is, nie noodwendig vir Matewis Gieljam in Kaapstad ‘n vloekwoord is nie! Aan die einde van die dag is die vraag of dit vir GOD aanvaarbaar is, al dan nie, maak nie saak of daardie betrokke woord vir my óf Matewis Gieljam goed klink of aanvaarbaar is nie!)
Maar wat sê Jesus Christus en die Bybel vir ons? Het ons al werklik probeer vasstel? Ag nee wat man, is DIT nou régtig so belangrik, vra jy? Bemoei die Bybel hom regtig oor iets só ONBELANGRIK soos my taalgebruik, of manier van praat? Almal praat dan so, hoekom kan ek nie ook nie?! Wel, kom ons kyk na ‘n paar Bybelverse hieroor, wat dit baie duidelik maak dat, indien ons onsself wil uitgee as WARE kinders van God, wat daagliks wil lewe volgens Sy wil, ons eenvoudig nie maar net kan praat soos ons wil nie, maar dat ons WERKLIK alles in ons vermoë moet doen om ‘n wag voor ons mond te plaas.
Uit die Ou Testament is Levitikus 22:32 baie duidelik, naamlik:“En ontheilig my heilige Naam nie…”
Die feit dat so baie mense die Naam van die lewende God as ‘n kragwoord of ‘n vloekwoord gebruik, is vir my ironies genoeg ‘n bewys dat God waarlik lewe en ‘n fisiese werklikheid is. Hoe kom ek dáárby uit? Maklik, want, as Allah, of Budda, of enige van die ander gelowe in die wêreld se gode ook werklike, lewende gode was, sou húlle name nie ook so gebruik gewees het as vloekwoorde nie? Dit is eenvoudig juis omdat hulle NIE lewendig is en dus vir satan geen bedreiging is nie, dat hulle name nie ook op die markplein so as vloekwoorde gebruik word nie!
Deur God se heilige Naam te laat gebruik as ‘n kragwoord of vloekwoord, probeer satan om daardie wonderlike Naam kragteloos te maak of selfs te verneder, iets wat hy in elk geval nóóit sal regkry nie. Dit bly egter soos ‘n paal bo water staan dat ons nie God se Naam mag ontheilig deur ons mond nie! Nooit nie! Daardie Naam mag ons NET loof en prys, en nie minagtend, afbrekend of vernederend gebruik, of op enige ander wyse hoegenaamd nie! Sodra ons egter ‘n persoonlike verhouding met Hom aanknoop, is dit wel ook so dat ons dit in elk geval nie WIL doen nie, want dan wil ons net elke oomblik van elke dag daardie fantastiese Naam met ons mond loof, prys en verheerlik!
Efesiërs 4:29 bepaal: “Laat daar geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net ‘n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor.”
En tog sit ons Sondag vir Sondag in die kerk en roep God aan in ons gebede en sang, nadat ons die hele week, of nét die Saterdag voor dit, in ons sportbeoefening of sosiale omgang met ons “pêlle”, of selfs nog die oggend vóór die diens by die huis, “vuil taal” by ons mond laat uitvloei het asof dit uit die mode sou gaan! Uit respek en eerbied aan ons hemelse Pappa, wil ek nie eens probeer waag om ‘n definisie aan “vuil taal” of “vuil woord” te koppel nie. JY kan maar self eendag met God in ‘n redenasie ingaan oor wat HY sien as “vuil taal”, al dink jy dalk nie dis so verkeerd nie.
Soos Kolossense 3:8b dit stel: “Maar nou MOET (met ander woorde, –
Ek het self baie lank gedink dis darem seker nie so erg om maar so nou en dan ‘n ou vloekwoordjie te laat uitglip nie, want sekere dinge word tog mos net eenvoudig beter uitgedruk, of beter deur my toehoorders verstaan, of ‘n grap het darem net BAIE meer skop in, met ‘n kragwoord op die regte plek, man! Veral as ek die grap of insident kan oorvertel, en sommer ‘n paar van my eie kragwoorde kan bysit by die oorspronklike weergawe! Man, dan hét ek dit! Dán is ek mos ‘n man onder die manne! MAAR, toe wys Heilige Gees vir my die woorde van Jakobus 1:26: “As iemand onder julle meen dat hy godsdienstig is en sy tong nie in toom hou nie (deur onder andere te vloek of vuil taal te gebruik, of sleg te praat van ander, of te skinder), maar sy hart mislei, die godsdiens van hierdie man is tevergeefs.”
Skrikwekkend! Ek kan dus Sondag vir Sondag my godsdienstige rituele in die kerk gaan uitleef in die waan dat ek op die regte pad is, maar as ek nie my tong in bedwang gaan begin bring in my alledaagse lewe van Maandag tot Saterdag nie, dan is my godsdiens tevergeefs! En vriend, dit is nie ék wat so sê nie, jy kan dit gerus self ook in jou eie Bybel naslaan. Dit is nie verniet dat Jakobus 3:8-
Ons mag dus eenvoudig nie ons mond gebruik om die een oomblik, of een dag van die week, God te loof en te prys, en die res van die tyd ons medemense of werksmense, te vloek, of vuil taal te gebruik, of kwaad te praat, of te skinder nie! Dit was nie verniet dat Jesus self in Mattheus 15:11 & 18 gesê het: “Nie wat in die mond ingaan, maak die mens onrein nie; maar wat uit die mond uitgaan, dit maak die mens onrein..Maar die dinge wat uit die mond uitgaan, kom uit die hart, en dit is dié wat die mens onrein maak.”
Daar is dus nie ‘n argument voor uit te maak nie, anders as dat God beslis NIE wil hê dat ons ons gesprekke moet deurspek met kru of vuil taal, of die ontheiliging van Sy wonderlike Naam nie. Nee, Efesiërs 5:1-
En, liewe leser, as ek die liefde van God in my het, en Sy Heilige Gees lewe hier binne-
Ons moet dus die een die ander liefhê, nie soos ons maar dínk dit behoort te wees nie, nee, soos Jesus Christus ons liefgehad het! Liewe mens, ek kan nie ophou om die allesoorheersende belangrikheid van die LIEFDE te beklemtoon nie, want dit is waaroor ALLES in die lewe gaan en MOET gaan! Liefde en vrede kanselleer net eenvoudig ALLE lelike en negatiewe dinge, gedagtes en woorde uit.
Kom ons sluit af met die woorde van 1 Petrus 3:10: “Want wie die lewe wil liefhê en goeie dae wil sien, moet sy tong bewaar vir wat verkeerd is, en sy lippe dat hulle geen bedrog spreek nie.”
Jy mag dalk met my verskil oor die gebruik van vuil taal en of dit werklik ‘n probleem is. My antwoord aan jou is eenvoudig dat jy jou moet laat lei deur die stem van Heilige Gees in jou binneste, en jouself die vraag moet afvra of daardie betrokke woord/e vir God aanvaarbaar sou wees (al ís dit vir mense aanvaarbaar), en jy sal self mettertyd agterkom dat jy dit al hoe minder doen, of dit uiteindelik glad nie meer WIL doen nie, maak nie saak hóé “groot” of hoe “klein” daardie vloekwoord dalk voorheen vir jóú in jou oë mag gewees het nie!
Hoekom nie? Want Jesus wil nie hê ons moet nie! Klaar! Hoekom nie? Want Hy het dit nie gedoen nie!
tiaan gildenhuys –