Dagse Tiaan

In die NAAM van GOD die seun, ons en my VERLOSSER en ons en my KONING, JESUS CHRISTUS, in die liefde van GOD onse VADER in die HEMEL en ons vertrooster GOD die HEILIGE GEES: GOD dank jou vir die “Maak jou huis skoon” DVD. Dankie vir die vlugtige telefoon gesprek van nou die dag. Ek is wedergebore in Christus in 1981 en het gelukkig ‘n vrou, ma en ouma en familie wat baie vir my gebid het. GOD was altyd by my maar my oë was selde op HOM gevestig en ek sien nou eers SY ingrypings en sëeninge in my verlede ten volle raak. Dit het maar swaar gegaan alhoewel ek deurgaans tot GOD gebid het ten spyte van my halstarrige weerstand teen die “dooie bediening” wat ek in ons kerke ervaar het.

In Maart het ek en my vroutjie Ds Elmore by Wilgespruit NG Kerk gaan sien uit radeloosheid want my oudste seun het ‘n baie moeilike lewe. Niks fout met sy gesondheid nie maar in sy persoonlike lewe wou niks vlot nie. Hy is nou 10. (Ek het ook ‘n dogter van 7 en ‘n jongste seun van 3) Ds Elmore Kirsten het in 10 minute se innerlike genesing reg gekry wat ek in my al my aardse studies, ingenieurs en bestuurs grade en geoefende logika nie kon reg kry in 10 jaar nie. Met die besef hier is iets REAL waarvan ek niks weet nie het ek met Ds Hennie West in kontak gekom (selfde gemeente) en ek en my vroutjie het sy Huweliksverreikingskamp bygewoon. Op 20 Mei 2006 tydens die kamp het die HEILIGE GEES my aangeraak en ek het onherroeplik en onvergeetlik my lewendige GOD se teenwoordigheid ervaar en HOM gesmeek om my te help om ‘n man na SY hart te word en om my ‘n instrument van SY wil te maak.

In openbarende drome, gebede, beelde ens ens het die HERE aangedui dat daar van my in die kort termyn verwag word om te onderrig in “intersessory prayer”. Deurentyd vlot dinge egter nie heeltemal nie en ek sit deurgaans met die indruk ek moet my huis skoon maak. My vroutjie kry selfs ”n openbarende droom waarin sy gevra word of sy wil huis skoon maak. Ek begin geleidelik besef iets torring met my behoefte om die HEMELSE VADER te dien. Iets strem dit. Ek koop baie boeke en kry lofprysings musiek, ek verhard in

gebed ens ens maar al waneer ek die Gees ervaar is buite my huis. Ek ervaar geringe geestelike vervulling by die huis maar amper op ‘n “ingeperkte” wyse. Asof die GEES gestrem word. Ek was al moedeloos, raadop en kon nie meer dink wat op dees aarde fout is nie. Ek het meer en meer tyd aan die Bybel bestee en selfs dit wou nie werk nie. Maandag toe bring ‘n CHRISTUS boetie vir my ‘n kopie van jou “Maak jou huis skoon” DVD. Ek was tot in my skoene geskok. Ek kan nou nog nie my onkunde glo nie. Ek staan nou nog geskok voor die verbysterende eenvoud van die waarhede oor afgodery. Ek besef op nuuts hoe blatant onkundig ek oor die woord van ons geliefde HERE is.

My vroutjie het op haar eie tyd die DVD deurgekyk. Ek het so tussenin stukkies daarvan gekyk. Ons het al twee swart sakke vol boeke, poppe, speletjies, musiek ens weg gedoen. My huis is DEURSPEK van die gemors. Dis omtrent al waaroor ek, my vroutjie, my oudste seun en selfs tot ‘n mate my dogterjie praat. My seun het saam deur die DVD gekyk en dit is klaarblyklik al waaroor hy en sy maats praat by die skool. Hy het vanoggend 5 kopiëe van die DVD aan maats uitgedeel en is gevra vir nog 7 kopiëe. Een kind was selfs bereid om ‘n R100 daarvoor te betaal. My seun het ewe nederig gesê ons kan nie geld vra vir GOD se werk nie maar die DVDs kos sowat tien rand vir ‘n blank met sy kassie. Ek het egter aan hom verduidelik dat GOD van ons verwag om SY sëeninge met ander te deel sonder ENIGE vergoeding “maai soos jy saai”, nie wat jy saai nie. MY seun word omring by die skool deur maats wat meer wil weet. Daar vorm dus ‘n kritiese massa van CHRISTUS kinders as gevolg van die DVD. My vriende, my vrou se vriendinne wil almal kopië hê. En ek sny met groot graagte vir enige iemand wat vra en selfs die wat nie besef hulle kan vra nie. My dogtertjie kom nou die oggend selfs met ‘n mandjie vol poppe met vlerkies en fëetjies en unicorns ens by my aan en sê ek moet dit vat. Haar kamer is sommer leeg en sy het dit absoluut uit haar eie inisiatief gedoen.

Wat my indrukke aanbetref. Ek bly verwonderd. Die DVD is die beste wat ek nog ooit gesien het en vertrou my maar ek deurweek my lewe met die tipe materiaal.

Die DVD is vir my absoluut uitstaande in:

Kragtigheid,

Solied bybelse grondslag,

Perfekte balans tussen aanbieding en uitnodiging

Puik aanbieding

Skreuend Sprekend tot my gees

Sensitief vir die aanhoorder dog sonder om enigsins in die impak te verminder

Absoluut eerlik

Jou aanbiedingsstyl is regtig sonder enige vorm van kritiek.

Ek ervaar ‘n GEES vervulde boodksap.

Die agtergrond en klerederag is onpretensieus.

Die aanbieding is vir my absoluut geSALF, in materiaal keuse, volgorde, impak, ens ens ens…sommer in ALLES

Die boodskap is oorrompelend oortuigend

Ek kry enige mens wat wil!! in GOD se diens staan uiters jammer, nee ek beklaaaaag dit dat so ‘n persoon dalk sonder hierdie DVD GOD se taak probeer aanpak en die resulterende halwe ervaring van GOD se impak in sy en sy medemense se lewens.

Ek sal probeer om jou op hoogte te hou van daadwerklike getuienisse soos ons dit ervaar as jy sou aandui dat dit nie vir jou lei tot informasie overload nie.

Interresant genoeg…soortgelyk aan die storie van die twee dwergie lampies het ek vanoggend twee vroue standbeelde in my slaapkamer opgemerk. Hulle arms en koppe is afgekap. Die beeldjies is van ‘n liggewig tipe sement of iets gemaak. Dis asof my gees toenemend meer in staat raak om on-wel goeters te identifiseer soos ons die massas gemors uit dra. In elk geval ek sê vir my vroutjie die beeltjies is nie lekker nie, sy stem toe ook saam iets is nie lekker nie en ek dra dit uit die huis uit. Toe ek weer in die kamer kom is dit asof daar vir die eerste keer ooit ‘n vars luggie deur ons kamer trek (letterlik) en daar is ‘n gevoel van verligting in die kamer, amper ‘n opbruising van tasbare vreugde. My vroutjie se onbeïnvoeldte kommentaar is dat sy duidelik is tipe van ligter effek op die kamer bespeur. My analise se iets soos: misvorming van die menslike liggaam, verwydering van die kop is CHRISTUS, maw ‘n beeld wat sonder Christus is. Die afgekapte arms toon op kragteloosheid, hulpeloosheid, onvermoëndheid. Interresant genoeg is net die skouers nog oor op die gevormde beeldjies. Dit sou ‘n regterarm gehad het wat langs die sy hang en ‘n linkerarm wat sou omhoog gehou gewees het, in my instink ‘n arm en hand wat na GOD opgelig sou gewees het maar nie meer kan nie. Al wat oorbly is dan die lyf…’n vermindering van menswees na die sensuele en tien teen een die seksuele as al wat oorbly…wat ‘n afbrekende uitbeelding van GOD se hoogste skepping!!! Interresant genoeg is ek en my vroutjie heelwat in die verlede geteister deur gevoelens van..raai reg nê…kragteloosheid, hulpeloosheid, onvermoëndheid

Afgesien van enige iets anders is my oë nou vir die eerste keer oop genoeg om te sien hoe die vyand ons lewens oorgeneem het en ons samelewing onderwerp het aan sy gesag en ons hele nasie wil onderdruk. Dit gaan egter nie gebeur nie want die HERE werk duidelik kragtig in ons beleërde land om ongekende herlewing en verlossing te bring. Dit is per slot van sake net in SY mag wat ons die land gaan red van die vyand en sy bose.

EK bid GOD se sëen op jou ywer in SY NAAM

Ek bid GOD se Sëen op jou, jou familie en al jou geliefdes, boeties en sussies

JESUS Groete

Pierre Coulson

xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

Hallo Tiaan!

My vennoot het reeds begin met huis skoonmaak en het ‘n getuienis daaruit. Hy het ‘n klomp goed verbrand, onder andere ‘n houtbeeld wat hy besef het was ‘n boedavoorstelling nadat hy die dvd gekyk het. Terwyl die goed gebrand het, het hy drie keer omgedraai nadat hy gedink het sy vrou staan agter hom, maar daar was niemand nie. Daarna, terwyl hy vir die brandende boedabeeld kyk, het ‘n gesig in die vuur verskyn. So ‘n lang maer een met donker oe en ‘n lang, ovaal mond, soos die wit maskers wat baie in rillerflieks gebruik word. die gesig was ‘n hele ruk sigbaar.

Dit het alles Dinsdagaand ‘n week gelede gebeur. Woensdag was ‘n redelike koue dag (15 grade). Woensdagaand, toe hy die as wou bymekaarmaak om weg te gooi, was dit nog so warm dat hy nie daaraan kon raak nie. Die betonblad van sy braai was ook nog so warm dat dit sy hand gebrand het. Daar is net eenvoudig geen gewone verklaring vir die feit dat die as na 24 uur nog so warm kon wees nie. Dit was vir hom, en my, die bewys dat daar wel iets aan daardie goed gekoppel was en iets wat nie baie gelukkig was om verbrand te word nie.

Baie dankie vir jou gehoorsaamheid om die boodskap te versprei. Baie mense sal se dis te radikaal, maar soos jy tereg se, die vyand sal altyd probeer om mense te oortuig om verskonings te maak, veral as dit jou sak begin raak. Ek sien uit om jou nuwe reeks saam met my twee seuns te kyk. Hulle is 7 en 9 jaar oud en ek het hulle baie van die goed op die dvd gewys en ons is besig met skoonmaak. Dis verbased hoe oop hulle gees is vir die verandering en hoe gretig hulle is om die regte ding te doen. Ek bid net dat die Here hulle sal laat sterk staan en beskerm wanneer hulle maats hulle spot oor hulle oortuigings.

Groete en vrede vir jou

Johan Nel

xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx

Hallo julle!

Ek wil graag langs hierdie weg getuig hoe groot God is en watter kosbare werk Tiaan vir die koninkryk doen.

My seun is 14 jaar oud en “was” ‘n epilepsieleyer, so by so, dat hy moes medikasie gebruik.

In ‘n selgroep in Ficksburg waar ons vandaan kom het ons van Tiaan se DVD’s gekyk, onder andere, Maak skoon jou huis.

Dit alles het sin gemaak toe my seun een Saterdagmiddag ‘n “fit” kry en glo my die ergste een wat ek en my vrou nog beleef het. Die vertrek in ons huis het van die veel besproke Afrika gesigte teen die muur gehad. Vriende het vir die seun kom bid en ons het die gesigte verwyder en verbrand en goed wat die DVD leer. Dit is nou ‘n jaar later, my seun het self die medikasie gelos, wat hy sê God het hom genees en daar is geen mer “fit” of epilepsie nie.

‘n Maand gelede het my vrou die getuienis gedeel met ‘n vriendin wie se seun op 8 jarige ouderdom nog sy bed natmaak. Die kind se kamer het die spiderman tema. Die ma is ‘n gelowige en oop vir die gesprek gewees. Sy het besluit om die getuienis te prober en het al sy beddegoed verwyder vir die nag. Nodeloos om te seê die kind maak nie meer sy bed nat nie. Ons het na dit weer daar gekuier en ‘n spiderman speelding het sy verskyning gemaak. Die ma het dit onmiddellik vernietig.

As daar mense is wat nie wil glo nie, is dit hartseer. Ons as gesin het dit eerstehands ervaar, God is ‘n werklikheid en Sy Woord IS die waarheid.

Dankie Tiaan dat jy vir ons die lig laat skyn het.

Mattheus Kühn