1. GETUIENIS RONDOM ‘N BEN 10 HEMPIE:
Ek woon op ‘n plaas ±50 kilos uit Bloemfontein. Snags raak ek 2 tot 3 keer wakker om toilet toe te gaan. My 2 seuntjies se kamer is langs ons kamer, dan loop ek sommer om hulle ook toe te gooi, indien hulle hulself oop skop. Andries (7jaar) en Bernard (10jr.). Dié nag het ek van die toilet af direk terug in my bed gaan klim en onthou toe ek wou die kinders toe gooi, het lui gevoel om weer op te staan, maar iets (die Heilige Gees) het vir my gesê nee, staan op en gaan maak die kinders toe. Toe ek in hulle kamer kom het Andries baie onrustig geslaap. In sy slaap gelê en kerm en kriewel of iets hom pla en hy bang was. Hy raak ook snags baie wakker en kom dan by ons slaap omdat hy bang is. Ek’t hom toe gemaak en terwyl ek na hom kyk, m.a.w. my hele lyf was na hom gedraai, het iets weer vir my gesê om, om te kyk. (Om oor my skouer te kyk).
Ek’t op die bed se voet-
Toe ek klaar gebid was en my arms wou terugtrek, wou dit nie dadelik terug nie, my arms was reguit en styf soos die krag van die Here deur hulle en my gevloei het, ek was vol hoendervleis, my klein Andries was baie rustig en het dood stil tot die oggend wat ek hom gaan wakker maak het, geslaap. Ek’t terug in my bed gaan klim sonder enige vrees. Ek kon nog nie slaap nie. Die Heilige Gees het my gewy om vir Bernard ook te gaan bid vir beskerming teen dit wat vir Andries gepla het. Ek’t gegaan en dieselfde gebed vir hom gaan bid. Terug in my bed, kon ek nog nie slaap nie, die Heilige Gees het weer vir my gesê gaan na Bernard se kas en haal die mooi lemmetjie groen hempie met Ben 10 wat ek 3 weke van te vore gekoop het uit sy kas uit. Ek’t gedink ek sou die kamer se lig moes aansit om te sien watter hempie in die donker die mooi mannetjie op het. Maar dit was nie nodig nie. Soos ek deur die hempies blaai het die ogies letterlik soos 2 rooi kooltjies vuur gegloei.
Ek’t die hempie uitgehaal, gedink dis darem ‘n mooi nuwe hempie, hom net geknoop en in my badkamer kas gesit. Terug in my bed kon ek nog nie slaap nie. Gelê en rol, helder wakker, dit was seker nou 3 uur in die oggend, gedink ek sal moet slaap, want ek staan vroeg op om skoolkar te ry. Ek’t weer opgestaan, badkamer toe gegaan. Die Ben Ten hempie uitgehaal en gedink net nou kry my huishulp die hempie daar en sit dit weer terug in my kind se kas. Ek het ‘n skêr gaan haal en deur die hempie geknip. Gevoel ek wil eerste deur die mannetjie se oë knip. Die oë het nou nie meer in my badkamer lig rooi gegloei nie, en daarna het iets vir my gesê, knip deur die 2 buiste, die het vir my soos krag uitgestaan. So het ek nog verder en verder die nuwe hemp in klein fyn stukkies opgeknip. Terug in my bed geklim en dadelik aan die slaap geraak. Die oggend toe ek Bernard wakker maak was ek bang as ek hom vertel dat ek sy hempie stukkend gesny het, hy sou huil, maar tog gedink ek gaan hom die hele storie vertel. Ek’t hom alles vertel en hy wou sy hempie sien. Hy kon nie glo dit was in sulke stukkies geknip nie. Geglimlag en gesê, “Mamma ek sal na skool vanmiddag die hempie aan die brand steek.” Andries het sedert daardie aand nog nooit weer ‘n aand wakker geword en van bangheid by ons kom slaap nie.
2 Korinthiërs 11:14-
Efesiërs 6:12: “Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.”
Jesaja 47:13-
Wie sal 2 uur in die nag opstaan en ‘n nuwe hempie waaroor sy seuntjie mal is in stukkies sny? Toe ek 3 weke terug die hempie gekoop het, het ek half twyfel in my hart gehad, maar my verstand het gesê, Ag nee wat koop, dis ‘n mooi hempie en dan is jou kind ook in, al die seuntjies by die skool het Ben Ten goed!
Maar God het my wakker gemaak en my duidelik daardie aand na die kas gestuur en gewys ek moet daardie hempie verwyder. God is onbeskryflik groot. Bid dat jy Sy stem hoor en dat jy ‘n dubbele maat van Sy krag en Salwing in jou lewe sal ervaar.
Marlene Wessels
2. GETUIENIS RO0NDOM BEN TEN SPEELGOED EN DUVET
Hi Tiaan
… By die huis gekom na die DVD aand by die kerk, het ons, dis nou ek en Lodene, weer na jou DVD “Maak skoon jou huis” gekyk. Die Heilige Gees het net daar en dan aan ons sekere dinge in die huis openbaar en ons het vandag skoon gemaak.
Ook het ons die kinders se kamer skoongemaak van onder andere “Ben Ten” (ons seuntjie Johan wat nou 4jr oud is se duvet, kussing en gordyne was alles “Ben Ten” en ‘n klompie “Ben Ten” speelgoed).
Vanaand toe mamma hom in die bed sit, skree hy opgewonde. Sy vra hom wat is fout? Hy antwoord haar toe en ek gaan aanhaal: “Ek hou van my nuwe komberse” Sy vra hom: “Hou jy daarvan?” waarop hy antwoord “ja mamma” En dis toe dat hy ons van ons voete af slaan: “Is die skelms nou weg? Gaan hulle nie weer terugkom nie?” BEVESTIGING DAT WAT ONS GEDOEN HET, REG WAS!
Neels & Lodene Vermaak
Omega Pinkster Kerk
Eersterust, Pretoria
omegakerk@vodamail.co.za
3. Getuienis oor huis skoonmaak, Ben Ten, en vloeke
‘n Tydjie gelede het ons pastoor in ‘n preek gepraat oor afgode in jou huis. Ek was op ‘n baie jong ouderdom hiervan bewus gemaak en het dit altyd in my agterkop gehou. Maar tog het hierdie gedagte in my kop bly maal. Nadat my man vir Tiaan besoek het, het ek op Tiaan se webwerf die getuienis oor die Ben Ten hempie gelees en dit het my skielik getref dat my seuns swem tubies het met Ben Ten prentjies op. As ‘n reel koop ons geen klere of speelgoed met enige van die TV karakters op, maar hierdie ene het deurgeglip.
Intussen het ek ook bly wonder oor ons oudste seuntjie. Ek het telke male gesprekke met my man gehad oor sy onmoontlike gedrag met tye. Hy kan die dierbaarste dingetjie wees, maar met tye is hy onmoontlik, en sy gedrag regverdig nie die situasie. Dissipliene word streng toegepas, ‘n tantrum word dadelik beloon met pakslae, maar iets was skort en ek het baie gebid vir wysheid oor hoe om my seuntjie te vorm sodat hy nie ‘n persoon word vir wie niemand kans sien. Ek weet kinders kan moeilik wees met tye, maar ek is mamma van drie seuntjies, en hierdie was nie normaal.
Ons babatjie was ook sedert die begin van die jaar baie maal siek, in die eerste ses maande van sy lewe was hy drie maal by die dokter. Dit was ook vir my totaal ongewoon, ‘n baba wat gesonde melk drink het geen rede om ‘n lae immuun stelsel te he. Ek het God vir wysheid gevra ook in hierdie verband.
Ons het een middag Tiaan se huis skoonmaak gebed saam met ons kinders gebid. My man het gevra dat ek die middag deur die huis sal stap en sal uitgooi wat die Heilige Gees my wys nie in ons huis hoort. Daar was paar kinder DVD’s, boeke, muntstukke en klippies van Egipte, enige iets waaroor ek nie 100% gemoedsrus gehad het, het ek verwyder. In my seuns se kamer het ek twee gebreide poppe uitgegooi. Toe ek by hul bedtafel kom waarop sagte dier speelgoed (teddy bere) staan het ek eweskielik ‘n onrustige gevoel gekry oor die apie op die kassie. Ek het my seuntjie geroep en hom gevra of daar enige van die diertjies op sy bedkassie is wat hom bang maak. Hy het geantwoord, net die apie mamma. Later die middag het hy by my kom sit en vertel dat as hy die apie vashou kan hy nie slaap, maar as hy die apie neersit raak hy aan die slaap.
Toe vra ek hom of daar nog enige iets anders in sy kamer is wat hom bang maak, toe se hy daar is net twee goed mamma. Hy het gevra dat ek sy hangkas oopmaak, dis die deel van die hangkas wat met ‘n skuifslot toemaak wat hoog sit, so my kinders kom nooit by daardie deel van die kas. Onder in die kas le die twee Ben Ten swem tubies. Hy het die tubies uit die kas gehaal en gese, net dit mamma, dis al wat my nog bang maak. Ek was absoluut verstom, want hulle moes al vergeet het die tubies word daar gebere, dit was twee maande laas warm genoeg vir swem. ‘n Paar dae later het dit my bygeval hoe my seuns geskree het die dag toe ons die tubies vir die eerste keer wou aantrek. Jonger boetie was histeries en ouboet nie ver van dit. Op daardie stadium het ek dit toegeskryf aan ‘n vrees vir swem, maar nee, dit is nie, want met ‘n ander swem tubie klim my seuns sonder geskree in die swembad.
In die daaropvolgende dae het die Heilige Gees my bewus gemaak dat ons oudste seun wel die oudste is, en oudste seun vloeke kan dra. Ek het ook gedink aan die toer wat ons deur Europa, die Midde Ooste en dele van Afrika onderneem het. Ons het dalk plekke besoek, of my seuntjie was baie maal in die arms van vreemdelinge wat die oulike ou dingetjie wou vashou. Dalk was daar ‘n vloek oor hom gespreek, ek kon spesifiek aan ‘n paar geleenthede dink. Ten opsigte van ons babatjie het die Heilige Gees aan my geopenbaar dat die vroedvrou wat hom gevang het dalk nie ‘n kind van God is. Hoe meer ek daaraan gedink het, hoe meer het dit sin gemaak. Almal praat met groot lof van my vroedvrou, maar dit het altyd gevoel of sy nie van my hou, sy het dinge vir ander pasiente gedoen wat sy nooit vir my gedoen het nie. Eers het ek dit toegeskryf daaraan dat ek net oorsensitief is, maar dit het duidelik geword dat ons geeste gebots het.
Ek het dit met my man bespreek en ons het alle vloeke oor ons kinders gebreek. Die volgende oggend het daar iets in ons huis gebeur wat ek het as Godse vrede kan beskryf. My kinders het vir die eerste maal ooit soet saamgespeel. Daar was opgewondenheid in hul stemmetjie en nie die normale gekerm en gekla. Ek moes die middag my seuns by die huishulp los, met my terug koms het sy gese die seuns was nog nooit so soet en in die hele middag het hul nie een keer baklei. Dit was die vrugte wat ons moes sien met die manier wat ons ons kinders grootmaak, maar die resultaat wat ons nooit gesien het. Ek glo God het ons kinders vry gemaak van alle vloeke oor hul lewens. Babatjie is gesond en ek glo hy gaan gesond bly.
Yolande Strydom, Pretoria