Eerste van alles wil ek sê ek het Israel nie eers in my gedagte gehad nie, wat nog van soontoe gaan. Finansiëel sowel as belangstelling was daar nie. Daar is immers so baie mooier plekke hier baie nader en goedkoper waar ek nog nie eers was nie, wat eerste aan die beurt was.
So begin die gogga byt d.m.v. my seun, Johan wat deur Tiaan (deur Abba Vader) gestuur, wonderbaarlik tot bekering kom en met my kop begin smokkel. En daar is ek op my verjaarsdag 9 Maart 2013 saam met 25 onbekendes op die lughawe oppad Israel toe.
Geestelik en ligaamlik was ek so reg, maar steeds het ek nie verwag wat ek gekry het nie. Alles wat almal hier op die vasteland gese het van die toer begin die prentjie inkleur. Onder al my lawwigheid en lekker lag begin iets “anders” groei. “Actually” is al die goete wat ek al gelees en gehoor het waar. En ek glo Vader het die mense op die toer saam my gevoeg. Ek is enkellopend en is al redelik sat daarvan om alleen plekke toe te gaan, maar hier was almal my “maat”.
My hoogte punt ? –
En vir die eerste keer in amper 14 jaar voel ek ek het ‘n maat. Ek is nie alleen nie. Die KONING het my gekies en in die tuin van Getsemane lê ek op my maag op die kaal grond waar HY bloed gesweet het, en hierdie dinge word lewendig hier binne. En ek kan net huil, juig, skreeu en getuig, HY LEEF REGTIG!!
Tiaan-
Maar hierdie was ‘n belewenis, onbeskryflik en alle eer en dankie aan ABBA VADER wat deur mense hierdie vir my moontlik gemaak het.
Marietjie Viljoen Pretoria