GETUIENISSE I.V.M KRUISE

Ons is ‘n groepie mense wat uit gehoorsaamheid aan die Here, Kingdom Builders Worship Centre begin het,  op Stoffberg, Mpumalanga. Tiaan Gildenhuys het in September, 2 aande by KB kom bedien en by ons oornag. Met die laaste ontbyt gee  hy vir ons 3 DVD’s, o.a. die Kersfees een en  Kruis vs Kruis.   ‘n Ruk na sy vertrek ervaar  ek ‘n dringendheid om een van die DVD’s te kyk en ek kies die Kersfees een. Toe ek daar klaar is, was ek so geskok oor wat ek al die jare gedoen het dat ek dadelik bely het en vir die Here vergifnis gevra het. Ek stuur vir my vriendin, Amy,  ‘n BBM om te vertel van my ervaring en ervaar weer ‘n dringendheid in my hart, die keer  om die Huisskoonmaak DVD te kyk. Ek weet Amy het een en vra of ek dit kan leen. Sy waarsku my en sê vra asb eers die Here om jou hart voor te berei voor jy dit gaan kyk .

Net daar en dan bid ek en vra die Here om my hart voor te berei en toe ek sê amen toe hoor ek hier binne in my, ‘verwyder harte en kruise’! My hart bokspring en my maag kry sommer so snaakse gevoel, ek het baie harte en kruise in my huis! en ek weet ongetwyfeld ek sal moet gehoorsaam wees aan die Here se stem! Want ek wéét dis die Here wat met  my gepraat het! Die aand toe ek die DVD gaan haal by Amy sê ek vir haar met intrapslag:  ek moet al my kruise en harte uit my huis verwyder. Haar oë rek en sy vra, hoe weet ek dit.  Heilige Gees het my gesê antwoord ek. Sy sê dis presies waaroor Tiaan praat en hulle wou al dit vir my gesê het, maar het vir een of ander rede dit nooit gedoen nie. Na ek en my man die volgende dag die DVD,s gekyk het, het ons verstaan waarom ons ontslae moes raak van al die harte en kruise! My kinders het ook die oortuiging gekry en ons het begin harte en kruise uitdra uit die huis uit en ‘n groot vuur gemaak!

Wat ‘n verligting was dit nie! En om los te wees van aardse goed wat tussen ons en die Here gestaan het. Ek  ervaar ook dat die Here besig is om ons te suiwer op allerhande maniere en hierdie was deel daarvan.. Ek sal nooit iemand probeer oortuig om sy huis skoon te maak nie, ek sal  jou net aanbeveel om die Huisskoonmaak DVD’s te kyk en dan die Here te vra wat wil Hy hê  moet jy doen.

Melinda Botha

***************************************************

Môre Tiaan

Skies, maar vandag is ek weer baie vroeg op jou spoor.  Maar ek kan nie die getuienis vir myself hou nie.  Ek het gister vir jou die epos gestuur oor die kruis.  Wel, gisteraand het ‘n vriendin van my vir my jou dvd oor die kruis gebring.  Maar nogsteeds het ek vir haar gesê dis reg, ek sal kyk, maar ek glo nie dat dit enige iets in my gaan verander nie.  Na sy weg is het ek en Hannes buite gaan sit en hy sê toe vir my hy is bang ons is besig om “afhanklik” van jou leringe te raak en ons moet versigtig wees vir vals leringe.  En hy is bang ek en Amanda (sy het jou hele reeks bestel) raak te afhanklik en vergeet van waaroor dit eintik gaan.  Ek stem toe half saam met hom, maar sê toe ek wil dit in elk geval kyk.

Toe ons dit aansit het ek bly dink “maar daar kan niks fout wees nie”.  Dis net ‘n kruisie.  Maar van die eerste verse wat jy begin lees het het ek besef iets is groot fout.  Dit het skielik gevoel iemand gryp my aan my keel en hoe verder ons gekyk het, hoe meer het my keel toegetrek.  En toe begin die gedeelte oor die sataniste wat ook die goed gebruik.  En die volgende oomblik is daardie een prentjie op wat ‘n vrou (ek dink) voorstel maar dit was so half in rooi en swart (ek dink).  Ek het net daar op gevlieg en buite gaan staan, want toe kry ek nie asem nie.  Hannes kom toe uit en vra wat is fout en al wat ek tussen die trane kon uitkry is “haal die ding af”.  Hy het hom afgehaal en ek kon asem kry.  Hy haal syne toe ook af en slaan altwee tussen bakstene stukkend.  Dit was asof ‘n rustigheid oor my gekom het.  Ek het nog nooit iet so vrees aanjaend beleef nie.

Ek dank God dat Hy jou gebruik om mense soos ons te leer.  Ek leer ontsettend baie uit jou dvd’s.  Baie baie dankie vir wat jy vir die kinders van God doen.

Baie blessings vir jou, jou vrou en die werk wat julle doen.

Elmarie Botes

Goeie dag Tiaan en mede gelowiges.

Dit is altyd vir my so spesiaal om te sien hoe Vader op ‘n rustige sag manier vir mens kom oortuig van verkeerde goed in jou huis. Sewe jaar terug het iemand vir my die huis skoonmaak dvd van Tiaan gegee oor daar goggas was wat ek blyplek in my huis gegee het.  Eerste wat die trekpas gekry het was die Afrika beeld.  Soos die voorouers afgestef het, het elkeen iets gehou in die vertoonkas van wat baie spesiaal was, daar was baie goed tot Chinese afbeeldings.  Ek het amper twee swart sakke vol van die oorerflike gemors weggegooi.

Meimaand 2014 was ek in vir ‘n dekompressie op my l5 en s1 rugwerwels.  So kom kuier van my Geestelike sussies by my en een van hulle sé vir my sy sien ek het kruise in my huis. Sy vra my toe net so terloops of weet ek dit is vorms van satanisme. Ewe kyk ek haar aan asof sy nou regtig al haar varkies verloor het.  Maar besluit ek ek gaan tog self hieroor bid en Vader vra om my die waarheid te wys.  Een oggend sit ek en gesels met Vader oor Sy drome vir my en wat Hy vir my beplan. In die rustigste manier van Vader sé Hy vir my dat ek al die kruise uit my huis moet verwyder want dit is vloeke daai. My kind jy word in die nag wakker met angsaanvalle dat jou seun van 20 gaan gay uitdraai. Ja Vader sé ek, ek doen.

Vader vra my oor die twee kruise by my voordeur wie het dit gemaak Ek antwoord dit kom van my broer wat gay is se maat wat gay is, hy het dit gemaak. Vader sé vir my gay mense dra ‘n vloek met hulle saam, want hulle het die natuurlike omgang van man en vrou verdraai en man by man en vrou by vrou begin beoefen en deur dit het Hy stede verwoes. En nou My kind hang jy dit by jou kind se kamervenster op, jy het die vyand die reg gegee om jou in angs wakker te maak oor jou kind. Hoe meer dit gebeur hoe meer grond gee jy hom om jou en jou gesin te tryter.  Ek bely en die kruise word afgehaal.

Vader vra my die volgende móre weer nou wat van die kruis hier teen jou kas se kant? Maar Vader ek het dit gemaak met my eie hande sodat as ek bid ek met vreugde kan onthou dat ek gered is. O, sé Vader, maar Ek het die kruis vervloek oor my geliefde Seun daaraan gehang het, staan daar nie Jesus het n vloek geword oor Hy aan die hout gehang het nie? Gal 3:13 en dan sé julle so maklik deur Sy wonde is daar vir ons genesing.  Ek het daai kruishout vervloek sê Hy vir my. Al die vloeke in die wéreld is aan daai kruis vasgespyker.  Haal dit af, gooi weg of verbrand.  

So het ek al die kruise uit my huis verwyder sover ek kan en toe kom die groot toets met die kruis.  Ek het vir jare tronk evangelisasie gedoen en met my eerste Kairos naweek wat ons as span in  die gevangenis ingegaan het, het ek ‘n houtkruisie gekry. Hierdie kruisie het baie keer as ek deur moeilike tye gegaan het my anker geword, ek het met hom in my hande aan die slaap geraak, om die volgende oggend as ek wakker word sy afdruk in my handpalms te sien. Ek het altyd gesé dit is hoe ek aan Jesus vashou om my te genees van my kinderjare as n gemolesteerde kind.  

Een oggend toe ek weer so stil raak by Vader vra Hy of sal ek die Kairos kruis ook weggooi? Ek het so gehuil maar ook geweet dat dit my gaan vrymaak. Ek het net gevra dat Vader en Jesus vir my so radikaal sal word dat as ek n kruis moet onthou, dit net moet wees wat Jesus vir my aan die kruis gedoen het. Want sien Jesus self het gesé hy het die kruis gehaat maar Hy het my so lief, so hoekom sal ek dit nie vir hom doen nie?

So van my kruisvrye huis loof ek God dat sy genade so groot is en Hy tog met elkeen van ons n pad sal stap om heilig vir Hom te lewe.

Seén 

R v W. Pretoria.