GETUIENISSE OOR PORSELEINPOPPE ENS…
Goeie more Tiaan!
Jammer dat jy so lank moes wag vir my e-
Ons Hemelse Vader doen Awesome werk in Sy kinders se lewens. Ek, my man en ons dogtertjie kry soveel seen uit die klomp cds en dvds wat ons by jou bestel het. Ons gesinsstruktuur en ons huwelik is na 16 jaar vir die eerste keer soos God dit bedoel het dit moet wees, nadat ons ook eers ‘rockbottom” moes slaan, baie trane, baie gebede, Ongelooflike beloftes van God wat hierdie jaar in vervulling gegaan het, 8 vuilgoedsakke vol gemors uit ons huis uit, en ‘n baie baie “close” pad met God vanaf 2011. God het op 19 Maart 2012, my man ‘n U draai na God toe laat maak en sedertdien is ons voluit hand aan hand op pad met die mees awesome God denkbaar!! Ons het vir God gevra vir leiding om ons pad met Hom meer heilig te maak, ek’t ‘n kopie van jou eerste dvd by vriende gekry, dit saam met my man gekyk, en daarna het my man sommer nog dvds en cds by jou bestel. Ons werk stelselmatig daardeur en glo my, dit is wonderlik om God uiteindelik beter te leer ken. Ons het in 3 maande se tyd meer oor die waarheid rondom God geleer as in 37 jaar in ons kerk!!
Ons het die cds oor die verhouding met God en die identifisering van die leuens gekyk en wonderlike bevryding uit bindings gekry wat ons vir jare vasgebind het.
Die getuienis oor die porseleinpop: Ek’t een oggend jou “huisskoonmaak dvd” wat onder andere handel oor die porseleinpoppe, gekyk. Ek;t dadelik die porseleinpop wat my dogtertjie gehad het, van die rak afgehaal. Ek’t vir die Heilige Gees gevra om aan my te openbaar of die pop van die satan kom. Toe ek die pop in my hande hou, het die gesig van die pop tussen die oë in ‘n “v” gekraak by die neus. Ekt die pop aan die bene gevat en my hande het warm geword, ek’t die pop se kop stukkend gekap op die grond van skrik en toe die kop stukkend is en ek aan die binnekant kyk, sien ek duidelik ‘n Luciferoog aan die binnekant tussen die oë.
Ek’t die pop fyn en flenters gebreek, gebid en dit vernietig. Sedert my dogtertjie die pop gehad het (die pop is by ‘n Chinese winkel gekoop), kon sy saans nie maklik rustig raak nie, dikwels wakker geword in die nag ( sy is nou 8 jaar oud) en die aand voordat ek die pop gebreek het, het sy my histeries geroep en gehuil, maar kon nie praat of vertel wat haar ontstel het nie. Ek’t haar die volgende aand vertel dat ek op “Oom Tiaan se dvds” van die poppe geleer het en ek’t haar vertel wat gebeur het. Sy kon toe vir die eerste keer met my praat en vertel wat haar so ontstel het die vorige nag. Sy’t my vertel hoe sy die vorige nag wakker geword het en toe die pop sien wieg in die donker. Sy het vertel dat die pop haar ook uitgelag het. Sy raak sedertdien rustig aan die slaap en slaap weer deur.
Voordat ons oe oopgegaan het vir die waarheid rondom feetjies ens., was ek self mal oor Tinkerbel. My dogtertjie het drie dvds van Tinderbel gehad en ‘n rugsak en boeke. My dogtertjie het voorheen al gese sy word so kwaad dat sy rooi word en so warm word dat sy gate deur goed kan brand net soos Tinderbel. Die week na ons jou hele reeks oor Huisskoonmaak begin kyk het en verwoed al drie saam begin “huis skoon maak” het, is ek deur angsaanvalle geteister, en ons dogtertjie wat toe self haar kamer “skoon maak”, het skielik vreeslik buierig geword, so erg dat sy een oggend voor skool vir geen rede vir my se sy is so kwaad vir my dat sy rooi en warm voel en gate deur MY wil brand! Ekt daardie oggend besef hoe boos feetjies in werklikheid is en my man het ook op die internet vir my gewys wat feetjies regtig is.
Ons het baie gebid en moes daardie hele week satansaanvalle weerstaan maar het besef dis omdat ons al drie die satan se goed uit ons huis wou kry. Tiaan, ons dogtertjie is regtig ‘n wonderlike seen van God. Sy het op 4 jarige ouderdom haar hartjie vir Jesus oopgemaak en dit weer op 5 jaar met oorgawe gedoen. Sy is ontsettend lief vir God, en leer nou haar maatjies by die skool van “oom Tiaan se kennis”. Sy kyk meeste van die dvds saam met ons en die Heilige Gees maak haar baie sensitief vir verkeerde goed. Sy was nog nooit ‘n kind wat saam met die groep gegan het of haar laat beinvloed het deur groepsdruk nie. Sy staan vas in die groep. Syt baie maats want almal wil soos sy wees, en sy het al menige maatjie wat op die verkeerde weg was , positief beinvloed. Sy kry nou net swaar omdat die wereld so vol boosheid is en dit so oral is, maar ons leer haar om net aan haar geloof vas te hou en op die smal, soms moeilike weg te bly, want ons loop God se pad, nie die wereld se pad nie. Dis nie altyd maklik nie. Ek self werk met kids by ‘n Naskoolsentrum in Bloemfontein waar die bose en onkunde hoogty vier onder my kollegas, kinders en ouers en ek kry baie teenkanting maar ek bly myself herhinner dat die Heilige Gees die oortuigingswerk moet doen.
Sover kan ek getuig dat ek al meer mense ontmoet wat wel ook die smal weg bewandel. Kinders ook. Een dogtertjie wat deur molestasie, egskeiding en armoede kom, se mooiste woorde verlede week aan my was: “Juffrou, vandat ek en mamma God volg en die feetjies en gemors uit my kamer en my lewe gekry het, laat Jesus my voel soos ‘n nuwe mens. Ek voel so vry!” Haar woorde aan klomp maats wat nog se sy praat twak en haar spot, was: “God het my bevry en ek wil dit vir julle ook he. God kan julle vry maak en ek is so lief vir julle dat ek nie wil he daar moet openinge en deure en vensters in jul lewens wees soos daar in my lewe was waardeur satan my lewe hel gemaak en opgemors het nie. Gee julle harte asb vir Jesus!”
Hou vol met jou goeie werk Tiaan!
Groete Elette Fenwick