VRYGEMAAK VAN REKENAARSPELETJIES!

Ek het as vierjarige seuntjie my hart vir die Here gegee en ek was ook vier jaar oud gewees toe ek my eerste speletjie “Diablo” op my nefie se rekenaar gespeel het. Vandag weet ek die satan het “BIG TIME” kom steel in my mense-verhoudings, tyd en geld. Die demone en geeste in die speletjies het ‘n houvas op my siel en lewe gekry!

Van 2002 tot 2012 het ek elke dag vir +- 11 ure lank tot 2 uur soggens speletjies gespeel omdat dit vir my ‘n verslawing was, 40 150 ure wat ek gemors het in my lewe. Een van die speletjies se naam was F.E.A.R. en elke keer as ek daardie speletjie gespeel het was ek so bang dat ek begin bewe het en nie kon slaap nie.

Ek was op ‘n stadium aan die begin van 2012 in die top 10 spelers van die speletjie “Call of duty” gewees toe ek “online” gespeel het, en omdat ek goed was, amper deel van die “admin” span in “Call of duty paintball”. Die speletjie het verbasend baie “dedication” gevat omdat daar van my verwag was om sommige aande saam met my span te speel teen ander lande. Deur die jare het ek seker ± 250 speletjies gehad waarvan ek baie daarvan reeds klaar verkoop het omdat ek die geld wou hê om ‘n “surround sound” vir my kamer te koop; “man cage” soos ek daarvan hou om dit te noem, waarop  ek die speletjies sou speel. Ek het toe meeste van my speletjies verkoop, maar binne 2 jaar het ek weer net soveel gehad.

Die waarde van my speletjies van 2002 tot 2012 is ± R34 000 sonder toerusting. My pa het vir my ‘n laptop van R11 000 gekoop om mee speletjies te speel, en ek het beplan om vir my ‘n nuwe laptop van Amerika af in te voer van R28 000. Prys die Here dat Hy my voor dit vry gemaak het, want ek het alreeds met vriende in Amerika gereël om die rekenaar vir my in te voer sodat ek nie invoer kostes hoef te betaal nie. My rekenaar se keybord van R400 “waarvoor ek nie eers geld gehad het nie”, een van die wêreld se beste rekenaar muise wat tans bestaan van R1300, ‘n tweede muis van R400 en interne rekenaar hardeware van ± R1000, net om my verslawing van rekenaar speletjies te voed het ek bereken op ± R76 100 .

Alles het begin een aand, 5 Desember 2012 toe ek saam met my ma by haar vriendin gekuier het, sy het vertel oor die kurus wat sy doen in bevryding van sataniste uit die okkulte, en die Heilige Gees het my ore daardie aand WERKLIK oopgemaak om te luister, my aandag was 100% daar teenwoordig en ek het net geweet dit is wat ek gaan doen. Sy het onder andere vertel van al die simbole wat hulle in satanisme gebruik en die betekenisse daarvan.

Oppad huis toe het my ma gevra of sy dit wat ek daai aand gehoor het vir my kan gaan wys, ek het ingestem en ons het voor die bord met die graffiti verby gery, die Heilige Gees het my oë oop gemaak en ek het besef van die tekens waaroor ons gepraat het en wat ek op die bord gesien het, kom voor in baie van die speletjies wat ek speel. Ek het in trane uit gebars en ek het so erg begin huil my ma het van die pad af getrek en gevra of ek okay is, ek kon nie praat nie en het net my kop geskud om te wys ek is okay.

Die Here het vir my die speletjie “Alone in the dark” gewys waarin hierdie simbole voorkom en ek het daardie aand vir die Here hardop in die kar omverskoning gevra en gesê ek is jammer en ook die besluit geneem dat ek vir altyd klaar is met die gemors in my lewe. Die volgende oggend het ek aan my ma gaan vertel wat die vorige aand gebeur het, min het ek geweet dat sy oorlog verklaar het teen my speletjies en alreeds vanaf 1 November 2012 saam met 2 vriendinne begin bid het dat die Here self my sal oortuig van die gemors waarmee ek besig was.

Dit was ‘n awesome oomblik gewees.

Ek het my games in ‘n boks gepak om te verkoop behalwe vir “Paradise City” en “18 Wheels of Steel” want dit was volgens my onskuldige speletjies. Een aand toe ek 18 Wheels of Steel gepeel het merk ek op dat daar ‘n demoon agter op die trok se trailer is, en besef dat die onskuldige speletjie glad nie so onskuldig is nie.

Daarna het ek “Paradise City” gespeer waal ek met karre rond gery het. In die speletjie het ek teen 180 km per uur gejaag en my oog het iets teen die muur in die straat se lig gevang. Ek het in die middel van die straat gestop, die kar omgedraai en gaan kyk wat ek gesien het. In een van die straatligte wat teen die muur geskyn het, het ek ‘n satanistiese teken op die muur gesien, soortgelyk aan wat my ma my gaan wys het en ek het finaal besluit ek is klaar met alle speletjies!

Verder het ek besluit om al die games te verkoop om die geld te gebruik om my fotografie besigheid te bou, ek het al my games op die internet ge-adverteer vir R2000 maar niks het verkoop nie en die Here het vir my gesê Hy sal voorsien. Ek het die Here toe gevra wat ek met die speletjies moet doen en Hy het gesê ek moet dit vat en in die vuur gooi en verbrand, die Here het vir my wel gesê ek moet my muise verkoop en die geld gebruik om Bybels te koop en te versprei.

I have a Destiny:

Die Here het vir my spesiaal die song “The Anthem” van Jesus Culture gegee;

I can hear the footsteps of my King
I can hear His heartbeat beckoning
In my darkness He has set me free
And now I hear the Spirit calling me

Wake up child
It’s your time to shine
You were born for such a time as this

I can hear a holy rumbling
I’ve begun to preach another King
Loosing chains and breaking down the walls
I want to hear the Father when He calls

This is the anthem of our generation
Here we are God, shake our nation
All we need is Your love
You captivate me

I am royalty
I have destiny
I have been set free
I’m gonna shape history

Ek het ook profetiese woord ontvang op 2 verskillende geleenthede, waar die Here gesê het: “It’s a calling for Spiritual Warfare” en Hy noem my  “Gideon” “Warrior”.  

In my kas het my ma vir my 1 Tim 4:12-14 opgeplak:

“Laat niemand jou jonkheid verag nie, maar wees ‘n voorbeeld vir die gelowiges in woord, in wandel, in liefde, in gees, in geloof, in reinheid. Totdat ek kom, moet jy aanhou met voorlesing, vermaning en lering. Verwaarloos nie die genadegawe wat in jou is nie, wat jou gegee is deur die profesie met die handoplegging van die ouderlinge.”

En in Engels:

“Let no man despise thy youth; but be thou an example of the believers, in word, in conversation, in charity, in spirit, in faith, in purity. Till I come, give attendance to reading, to exhortation, to doctrine. Neglect not the gift that is in thee, which was given thee by prophecy, with the laying on of the hands of the presbytery. Meditate upon these things; give thyself wholly to them; that thy profiting may appear to all.”

Joh 8:36
As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees.

Aan God al die Eer
Amen!

Pierre Gildenhuys, Pretoria

0826050916

*****

My getuienis rakende rekenaarspeletjies

Hierdie getuienis skryf ek vir geen ander rede as om vir Jesus al die eer  te gee dat Hy my vrygemaak het nie. Dankie Jesus. Ek skryf dit soos ek dit ervaar het en dit is verseker nie ‘n teologiese studiestuk nie. Net wat werklik my ervarings was.

My liefde vir rekenaarspeletjies het reeds as jong dogter begin in die omgewing van 1980. Ek het by my ouers nog die outydse console tipe speletjies gekry wat jy by die tv inprop. Ek was van die begin af baie lief vir strategie speletjies waar jy jouself heeltyd moet verbeter. Soos Mario, Space Invaders en Tetris. Dit het elke keer gegaan oor n beter telling as die vorige keer. Ek het elke moontlike tyd wat ek kon, gespeel. In die hoĕrskool is ek koshuis toe en het dit bietjie afgeskaal.

Ek is nie presies seker wanneer ek weer ernstig deelgeneem het aan die ding nie. In die jaar 1997 het ons ons eerste eie rekenaar gekoop en stelselmatig het die verslawing gegroei. Ek het vryskut werk gedoen en al wat daardie tyd regtig tot my beskikking was was die ingeboude kaartspeletjies en  Tetris ens. Dit was in die tyd wat my kinders klein was, ons erg in die wereld was en my man baie aande laat uit was. As die kinders in die bed was en ek vir hom gewag het het ek my tyd voor die rekenaar deurgebring. Dit het al meer van my tyd in beslag geneem. In 2000 is ons Roodepoort toe en het die rekenaar verloor.

Daar was weer ‘n pouse in my verslawing wat toe nog nie eintlik ‘n probleem was nie. 2001 het ons weer n rekenaar gekry en daar het n vriendin my voorgestel aan die Sims. Ek en die Sims het mekaar sommer dadelik goed verstaan en ek het van die idee gehou om in beheer te wees. Dit was nog heeltemal onder beheer daardie tyd. Op ‘n stadium het ek snags wakker geword en wanneer ek nie kon slaap nie het ek opgestaan en gaan kyk hoe gaan dit met al die gesinne in my dorp.

Dit het oor ‘n paar jaar al meer gebeur en teen 2004 omtrent elke nag gebeur. Ek het al die nuwe uitgawes van die Sims gehad en het ek nou vir jou ‘n gawe wereld gehad om te beheer! Daardie tyd het ek nie besef waaroor dit gaan nie, dit was sommer net lekker. Vandag weet ek dat dit oor mag, beheer en ontsnapping van die werklikheid gegaan het. My kinders kon ook ‘n uur elk per dag speel en hulle moes hulle eie huise en gesinne skep. Ek was woedend as een van hulle in my huise en gesinne gaan rondkrap en peuter het. Dit was vir my lekker om die mense te manipuleer en beheer. So het dit al meer van my tyd begin opneem.

Ek het ook tussenin speletjies soos Seduko en Boggel gespeel. Ek het die speletjies so gespeel dat ek later in my bed kon lê sonder ‘n rekenaar en dit in my gedagtes speel. Ek kon presies onthou waar watter syfers en letters is. Ek kon ure so in my gedagtes speel.

Later met die skootrekenaar was dit nog beter want my koninkrykie kon saam met my gaan waar ons ookal gaan. Op vakansie, kuier by familie ens. My man het my reeds op daardie stadium begin aanspreek oor ek te veel tyd daaraan spandeer maar ek het dit sommer net geignoreer. Ek kon dit in stilte doen want een ding moet ek se van die heel begin af met my heel eerste speletjies het die klank van die speletjies my geïrriteer so die klank was altyd af.

So baie keer het mense gedink ek werk baie hard en is baie besig op die rekenaar, want mens kan maklik spring van een bladsy na ‘n ander as iemand skielik instap.

Ek was op ‘n stadium baie bang vir my man alhoewel hy nooit gewelddadig was nie. Hy was wel kwaai met die tong maar die vrees wat ek in my gehad het vir hom was baie dieper as wat dit geregverdig het. Vandag besef ek dat die wortel daarvan ook lê in die verslawing. Omdat ek amper skelm moes speel, was ek heeltyd oorbewus van alles wat om my aangaan. My huiswerk, besigheid en baie ander dinge moes maar wag tot ek tyd maak daarvoor in my besige rekenaarlewe.

Ek het egter geweet wat sy verwagtinge rondom goed was so omtrent ‘n uur voor hy huistoe kom het ek soos ‘n warrelwind deur die huis gegaan om alles op hul plek te kry, skottelgoed te was, kos te maak en al die dinge. Later het ek betrokke geraak in geld rondskuiwery wat ons in erge finansiële moeilikheid gedompel het. Ek besef ook vandag dat die speletjies my geleer skelm wees, lieg, bedrieg en manipuleer het. Vandag weet ek ook dat verslawing ‘n gees is en dat dit die ander geeste een vir een ingenooi het en ek het hulle toegelaat om te kom slag, steel en verwoes in my lewe en ook my gesin en huwelik. Ek het geen verband op hierdie stadium gesien nie. Ek weet net dit was op stadium so dat as ek my man hoor huistoe kom het, my bors toegetrek het, my hartklop versnel het en die bloed gedruis het deur my are van vrees. Ek kon dit egter ook baie goed beheer en wegsteek. (hierdie is ‘n heel ander getuienis maar ek gee net die stukkie agtergrond omdat ek besef dat die verslawing aan die speletjies ‘n werklike deel daarvan was). Die Here het ons huwelik en lewe bonatuurlik herstel en daar is geen sprake meer van die vrees nie.

Ons het later ons eie besigheid gehad en my man was ook baie betrokke by misdaadbekamping in ons gebied. Hy was baie nagte uit as gevolg van dit. Op daardie stadium het ons reeds weer ons pad met die Here ernstig begin stap en ek het as hy uitgaan snags voor my rekenaar terwyl ek speel, gesit en bid. Die rekenaar het my gedagtes gehelp “FOKUS”. Ek het wel op die stadium besluit om die Sims te begrawe omdat ek besef het dat Vader alleen mense maak en elkeen met hul eie keuse. Die Sims is alles die teenoorgestelde van dit. Ek het toe bly vashaak by Seduko, woordspeletjies en speletjies waarop ek myself elke keer kan verbeter.

Later was dit nog lekkerder om die Audio Bybel aan te sit terwyl ek speel. Gewoonlik as hy gerus het in die middae. Dit was my “alleentyd met die Here”. Ek het dit geniet. Ons was op die stadium reeds albei in die bediening. Ek het nie meer snags opgestaan nie en slegs die middagtye gespeel. Daar kon mos niks verkeerd mee wees nie want dit was my tyd met die Here? Goed geregverdig.

Gerhard het ‘n absolute gruwel teen rekenaarspeletjies wat volgens my mening op daardie stadium heeltemal ongegrond was. Ek het met die saak na Vader gegaan en gevra dat Hy my sal oortuig as dit verkeerd is en so getrou soos Hy is het Hy 31 Des 2012 my finaal daarvan oortuig en vrygemaak. Ek het alle speletjies verwyder van my rekenaar af.

Omstrent ses maande verder kuier iemand by ons wat weet hoe lief ek vir die speletjies was en roep my om die nuwe speletjie te kyk. Ek kyk daarna en speel een speletjie. Gerhard kom van buite af in en onmiddelik is daai selfde gevoel van vrees terug. Net daar het ek besef hoe diep die goed eintlik inwortel in mens se lewe. Ek dank die Here vir die besef want net daar het ek besluit sy kan maar alleen verder speel. Ek het getuig en bid steeds dat sy sal vrykom.

Verslawing aan die goed hoef nie altyd okkultiese speletjies te wees nie. Die Sims is in elk geval net so okkulties soos baie. Daar is spoke, Grim Reaper, buite egtelike verhoudings, homoseksualisme, diefstal, Halloween, en wat nog alles daarin. Al is dit net ‘n sekonde in die agtergrond. En ek het myself as Christen regverdig dat my Sims trou en binne in huwelike staan. Daar was geen buite egtelike of homoseksuele verhoudings en al die lelike dinge het ek uitgelos. Dit verwyder dit steeds nie uit die agtergrond nie. Dit bly deel van die speletjie.

Soos ek voorheen gese het brand woord en syferspeletjies so in jou onderbewussyn in dat jy ure lank kan speel in jou gedagtes met al die nodige detail sonder n rekenaar. Jesus se bloed het gelukkig die inprentings uit my gadagtes kom uitwas en ek is werklik vry daarvan.

Dit het ure van my tyd gesteel. Tyd met God, tyd met my man, my kinders, myself, my huis, my vriende en familie. Verhoudings het skade gelei. Baie van die verhoudings is herstel deur die genade van ons Here Jesus Christus, maar die tyd is vir ewig verlore.

Die impak wat dit in my lewe gehad het was veel groter as wat ek besef het. Vriende van ons se huwelike is opgebreek deur aanlyn speletjies. Ek is dankbaar ek het nooit die fasiliteit daartoe gehad nie. Ek het selfs in die laaste jare na die Sims se verassing gedink dis nie verkeerd nie omdat ek noukeurig gekies het wat skoon is, sonder simboliek ens, maar dit bly dieselfde gogga wat steel in tyd en verhoudings.

Ek loof die Here dat ek vandag tyd met Hom kan spandeer sonder my rekenaar, dat ek werklik my gesin en die kosbare verhoudings kan geniet en dat ek nog die kans het om te getuig.

Rene Short

0764038903