Ek word die laaste tyd gekonfronteer met al meer en meer mense (Christen gelowiges) wat skielik nie meer glo – of wil glo –
My persoonlike antwoord is dan gewoonlik: “Goed, as jy dan na jou dood jou oë oopmaak en besef jy is dadelik in die hemel, maak net seker dat jy vir Jesus vra om jou eerder weer aan die slaap te maak tot en met Sy wederkoms, want die feit dat jy dadelik jou oë in die hemel oopmaak, is dan nie in lyn met wat jy op aarde geglo het of geleer het nie. En sê dan ook vir Hom dat jy nie dan al by Hom WIL wees nie, want Hy krap jou menslike teologie om…”
Ongelukkig veroorsaak hierdie siening baie hartseer by mense wat nou skielik nie meer met sekerheid weet WAAR is hulle afgestorwe geliefdes nie. Is hulle nog in die graf? Is hulle in ‘n tussentydse onbekende “plek”? Wat van hulle is dan in daardie tussentydse onbekende “plek”, hulle gees, hulle siel, hulle liggaam? Weet hulle wat om hulle aangaan? Ervaar hulle vrede, vrees,… enigiets? Kan hulle praat? Kan hulle dink? Kan hulle God loof?
Maar weet jy, dit maak glad nie saak wat my mening, of “hulle” mening is nie…
Kom ons kyk wat sê die Bybel, net soos wat dit daar staan.
“Want ons skryf aan julle niks anders as wat julle lees of ook verstaan nie, en ek hoop dat julle dit ook tot die einde toe sal verstaan…”
(2 Korinthiërs 1:13)
Ons kan dus baie duidelik in die Bybel lees net wat daar staan, en dit verstaan, net soos wat dit daar staan. Jesus het ons ook baie duidelik gewaarsku in Mattheus 22:29:
“Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie.”
Kom ons kyk dan nou wie “dwaal” omdat hulle “die Skrifte nie ken nie”,… ons wat glo ons gaan reguit hemel of hel toe by ons afsterwe,… of “hulle” wat net wil gaan slaap by hulle afsterwe…
Die teksverse wat “hulle” gewoonlik gebruik om hulle argumente te staaf, is die volgende:
“…so lê die mens daar sonder om weer op te staan; totdat die hemele nie meer is nie, word hulle nie wakker of uit hul slaap opgewek nie.”
(Job 14:12)
(Hierdie woorde wat Job in sy hartseer en intense emosionele belewenis gespreek het, kan nie as “gesaghebbend” gebruik word vir hierdie argument nie, want volgens ander teksverse wat ek ook hierin aanhaal, sal alle dooies eendag voor God se Groot Wit Troon staan, en eers DAARNA kom die nuwe hemele en die nuwe aarde. Dit weerspreek ook hierdie mense se siening dat almal wel by Jesus se wederkoms sal opstaan. So, as hierdie teksvers van Job as argument gebruik word ter stawing van “hulle” siening, dan gaan sommige dooies in effek dood bly totdat die nuwe hemel en nuwe aarde gekom het, en gaan hulle dus selfs nie eens opstaan by Jesus se wederkoms nie. So, hierdie teksvers weerspreek eintlik “hulle” eie argument.)
“Kan U aan die dooies ‘n wonder doen? Of kan skimme opstaan, kan hulle U loof? Sela. Kan u goedertierenheid vertel word in die graf, u trou in die plek van vertering?” (Psalm 88:11,12)
(Nee, uit die aard van die saak kan geen dooie liggame opstaan en God loof nie. Maar die geeste van hulle wat in Christus gesterf het, loof Hom wel voor Sy troon, soos ons hierna in die boek van Openbaring sal sien.)
“Want die lewendes weet dat hulle moet sterwe, maar die dooies weet glad niks nie, en hulle het geen loon meer nie, want hulle nagedagtenis word vergeet. Hulle liefde sowel as hulle haat, ook hulle naywer, het lankal verdwyn,en hulle het vir ewig geen deel meer aan alles wat gebeur onder die son nie.” (Prediker 9:5,6)
(Inderdaad weet die LIGGAME wat dood in die graf lê, glad niks meer nie, en het daardie dooie lyke geen deel meer aan alles wat hier op aarde, onder die son gebeur nie. Maar het jy al mooi gedink wat het van hulle gees en siel geword tydens en na hulle afsterwe? En waar bevind die gees en siel van so ‘n oorledene hulle? Ons sal netnou daarna kyk.)
“En baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik.”
(Daniel 12:2)
(Dit is baie beslis so dat by Jesus se werderkoms, die dooie liggame wat “in die stof van die aarde lê”, sal opstaan/ontwaak, om weer verenig te word met hulle gees en siel, om dan as drie-
“Dit het Hy gespreek; en daarna sê Hy vir hulle: Lasarus, ons vriend, slaap; maar Ek gaan om hom wakker te maak. Sy dissipels sê toe: Here, as hy slaap, sal hy gesond word. Maar Jesus het gespreek van sy dood, terwyl hulle gedink het dat Hy van die rus van die slaap spreek. En toe sê Jesus vir hulle ronduit: Lasarus is dood.” (Johannes 11:11-
(Baie duidelik dus wys Jesus ons hier dat “slaap” in hierdie konteks = dood. En ons lees ook dat Lasarus al vier dae lank “slaap”, tot so ‘n mate dat hy al stink. So, dood is hy baie beslis en verkeer hy nie net in ‘n toestand van “bewustelose slaap” nie. Sy liggaam is dood, dit verteer, dit vrot. Maar Jesus gaan bewys dan ook dat Hy mag het oor lewe en dood, en Hy wek Lasarus weer op uit die dood, so Lasarus se gees en siel verenig in daardie oomblik wat Jesus uitroep, weer met sy fisiese liggaam en hy staan op. Presies dieselfde gaan gebeur tydens Sy wederkoms. Ons lees ook van ‘n dooie se siel wat so “teruggekeer” het, in 1 Konings 17:21,22:
“Daarop het hy hom drie maal uitgestrek oor die kind en die HERE aangeroep en gesê: HERE my God, laat die siel van hierdie kind tog in hom terugkeer. En die HERE het Elía verhoor; en die siel van die kind het in hom teruggekeer, sodat hy weer lewendig geword het.” )
“Toe sê die HERE vir Moses: Kyk, jy ontslaap met jou vaders…”
(Deuteronomium 31:16)
“Toe het Dawid ontslaap met sy vaders, en hy is begrawe in die stad van Dawid.”
(1 Konings 2:10)
“Daarna het Salomo met sy vaders ontslaap en is begrawe in die stad van sy vader Dawid…”
(1 Konings 11:43) …ens…ens…ens…
Daarom sê “hulle” – “Sien jy, as jy sterf, dan ontslaap jy en gaan jy in ‘n toestand van slaap in! Die dooies weet glad niks nie. Daar is geen aanduiding in die Bybel dat jy dadelik hemel toe of hel toe gaan na jou afsterwe nie. Veral nie as mens kyk na die woorde van Daniel 12:2 nie…ens… ens…”
Regtig?
Goed, kom ons kyk dan na die volgende teksverse ook:
Hier is Jesus Christus, ons God en Leermeester, self aan die woord:
“En wat die dode betref, dat hulle opstaan –
Dit wil sê, toe Moses voor daardie doringbos gestaan het, was Abraham, Isak en Jakob aldrie al vir baie jare dood. As hulle drie dus dood was en daarom “geslaap” het, soos “hulle” beweer, dan sou God eintlik moes gesê het: “Ek WAS die God van Abraham, van Isak en van Jakob.” Maar nee, Hy doen dit nie, Hy proklameer onomwonde: “EK IS die God van…” En dan sê Jesus verder, en met hierdie woorde skiet Hy die hele argument dat ons net gaan “slaap” by ons afsterwe, uit die water uit: “God is NIE ‘n God van dooies nie, MAAR ‘N GOD VAN LEWENDES.” Dit wil sê Jesus bevestig dat Abraham, Isak en Jakob by God IS op daardie oomblik wat Moses voor die brandende doringbos gestaan het, jare na hulle al drie se afsterwe. En dan bevestig Hy dat die mense GROOTLIKS dwaal omdat hulle nie wil glo dat mense by God in die hemel lewe nadat jy afgesterf het nie. (Dwaal JY ook vandag nog “grootliks” hieroor, vriend/vriendin?) Maar WATTER “gedeelte” van jou LEWE by Hom NA jou afsterwe? Jou gees en jou siel, want jou liggaam het hier op aarde agtergebly en dit verteer hier in die graf, tot en met Jesus se wederkoms, waarna dit weer sal opstaan, soos ons hierna sal sien.
Kom ons kyk nou ook na die bekende woorde van Jesus aan die man op die kruis langs Hom:
“En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom. En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.” (Lukas 23:42,43)
Maar hier kom “hulle” onmiddellik weer met groot argumente na vore dat die KOMMA oor die jare GESKUIF is en dat daardie teksvers in die oorspronklike eintlik moet lees: “…Ek sê vir jou vandag, jy sal saam met My in die Paradys wees…”. Menende volgens “hulle” natuurlik dat alhoewel Jesus daardie dag met hom gepraat het en aan hom hierdie belofte gemaak het, dat die man eintlik eers eeue later tydens Jesus se wederkoms saam met hom in die Paradys sal wees. Daardie man is dus vandag nog nie daar nie. Snaaks dat Jesus dan nie net nog vier woorde byvoeg by Sy sin, as “hulle” dan korrek is nie, naamlik: “… as ek weer kom.” In die eerste plek kan “hulle” geen konkrete bewys lewer vanuit die oorspronklike Betroubare Tekste wat deur God beskerm is om sodoende Sy Woord suiwer te hou deur die eeue, dat die komma so “geskuif” is nie, en tweedens moet jy oplet dat, indien jy wel die komma so wil skuif, jy ook die woorde: “…sal jy…” moet omruil na “…jy sal…”toe, anders maak die sinskonstruksie geen sin nie. Nee, vir eeue is die sin soos dit in die Bybel vervat is, gelees en verstaan NET SOOS WAT DIT DAAR STAAN. Maar skielik wil satan Christene begin verwar en hulle hoop om dadelik by Jesus te wees na hulle afsterwe, wegvat. Hoekom? Sodat hulle kan twyfel oor hulle en hulle afgestorwe geliefdes se saligheid.
Vervolgens kyk ons na die bekende stuk oor Lasarus (nie die een wat Jesus opgewek het nie) en die ryk man, wat Jesus self vertel:
“En daar was ‘n ryk man, en hy het purper en fyn linne gedra en elke dag vrolik en weelderig gelewe. En daar was ‘n bedelaar met die naam van Lasarus wat vol swere voor sy poort gelê het. En hy het verlang om hom te versadig met die krummels wat van die ryk man se tafel val. Ja, selfs die honde het gekom en sy swere gelek. En toe die bedelaar sterf, is hy deur die engele weggedra na die boesem van Abraham. En die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. En toe hy in die doderyk sy oë ophef, terwyl hy in smarte was, sien hy Abraham van ver af en Lasarus aan sy boesem.” (Lukas 16:19-
Kyk mooi, Jesus sê toe Lasarus sterf, is hy DADELIK deur die engele weggedra na die “boesem van Abraham” toe. En hier sien ons dat Abraham toe nie “slaap” soos “hulle” beweer nie, maar dat hy lewend en wakker is, en selfs ‘n gesprek het met die ryk man wat na hom toe uitroep. Jesus se vertelling bevestig maar net weer Jesus se woorde wat ons vroeër aangehaal het, naamlik dat God die God IS van Abraham, Isak en Jakob. Die oorgrote meerderheid Bybelstudente stem saam dat die “boesem van Abraham” verwys na die paradys. En die ryk man? Hy sterwe “en is begrawe”. En toe? “En toe hy in die doderyk sy oë ophef, terwyl hy in smarte was…” Met ander woorde, hy sterf en maak dadelik sy oë in die hel oop, in smarte. Daar staan nie dat Jesus gesê het: “En eendag na My wederkoms sal hy sy oë ophef in die doderyk en dan in smarte wees…” nie. Nee, die een word onmiddellik deur die engele weggevoer na die paradys, en die ander maak onmiddellik sy oë oop in die hel.
Kom ons dink verder, as die bedelaar Lasarus gesterf het en net “geslaap” het, wat het die engele nodig gehad om “weg te dra” na Abraham toe? En as die ryk man ook net in ‘n toestand van “slaap” ingegaan het tot en met Jesus se wederkoms, wat van hom het smarte gely, en in watter vlam? Of moet ons glo dat Jesus hier sommer net ‘n “storie” vir ons vertel het, wat eintlik geen spesifieke waarde het nie, en eintlik maar ‘n BLATANTE LEUEN is, aangesien dinge dan nou skynbaar nie so werk soos wat Hy self daar vertel nie? Hoe kan ons Hom dan nog glo met betrekking tot ons redding of enigiets anders, as ons Hom nie kan glo wanneer hy met hierdie vertelling presies vir ons verduidelik wat gebeur die oomblik wanneer iemand sterf nie?
Kyk, as ons moet glo dat geen gelowiges hemel toe gaan by hulle afsterwe nie, maar bloot gaan “slaap” tot en met Jesus se wederkoms, dan moet ons ook glo dat die hemel vandag nog redelik leeg is, en dat net God die Vader, Jesus Christus, die Heilige Gees, die engele, Henog en Elia tans in die hemel is. En dit sal ook weer beteken dat God Homself weerspreek en dat Hy effektief ‘n “aannemer van die persoon” is, wat twee mense voortrek bo alle ander mense deur net hulle twee in die hemel toe te laat. Tog is die Bybel baie duidelik dat Hy dit nie doen nie: “En Petrus het sy mond geopen en gesê: Ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie…” (Handelinge 10:34)
En as dit die geval is dat die hemel tans so leeg is van oorlede gelowiges, watter mense wat “in Jesus ontslaap het” gaan Hy dan SAAM MET HOM BRING tydens Sy wederkoms? Lees gerus saam met my:
“Maar, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie.Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring.”
(1 Thessalonicense 4:13,14)
Hierdie teksverse verwys na wanneer Jesus terugkeer aarde toe met Sy wederkoms. As daar niemand tans in die hemel is nie, wie gaan Hy “saam met Hom bring”? Dit kan nie Henog en Elia wees nie, want hulle is lewend in die hemel opgeneem, soos ons hieronder lees, hulle het nie “in Jesus ontslaap”nie.
“Toe Henog vyf en sestig jaar oud was, het hy die vader van Metúsalag geword. En Henog het ná die geboorte van Metúsalag nog drie honderd jaar met God gewandel. En hy het seuns en dogters gehad. So was dan al die dae van Henog drie honderd vyf en sestig jaar. En Henog het met God gewandel; en hy was daar nie meer nie, want God het hom weggeneem.” (Genesis 5:21-
“En terwyl hulle aldeur loop en spreek, kom daar meteens ‘n wa van vuur met perde van vuur wat skeiding tussen hulle twee maak; en Elía het in die storm na die hemel opgevaar.” (2 Konings 2:11)
Duidelik het Henog en Elia dus lewend na die hemel opgevaar, so dit kan nie hulle twee wees wat “in Jesus ontslaap het” wat Hy saam met Hom sal bring aarde toe nie. So, wie gaan Hy saam met Hom bring? Niemand anders nie, as al die gelowiges wat in Jesus geglo het, wat gesterf het, en wat op daardie stadium reeds saam met Hom in die hemel is!
Maar kom ons kyk in bietjie meer detail wat gaan presies gebeur tydens Sy wederkoms?
“Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie. Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.”
(1 Thessalonicense 4:15-
Op my DVD: “Jesus kom weer. Wees gereed!” verduidelik ek baie mooi waarom die wat “in Christus gesterf het” eerste moet opstaan. Die rede daarvoor is eintlik voor die hand liggend, soos die Here aan my uitgewys het. Sodra Jesus kom met die wegraping (waarin ek persoonlik verseker glo), sal ons wat dan nog lewe, in ‘n oogwink verander word en verheerlikte liggame ontvang.
“Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus, wat ons vernederde liggaam van gedaante sal verander, om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam volgens die werking waardeur Hy ook alles aan Homself kan onderwerp.” (Filippense 3:20,21)
Ons wat dan nog in lewe sal wees, sal op daardie oomblik steeds uit DRIE “dele” bestaan, naamlik: gees, siel en liggaam:
“En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!” (1 Thessalonicense 5:23).
En daardie drie “dele” sal in ‘n oomblik verander in ‘n verheerlikte liggaam, dieselfde as “sy verheerlikte liggaam”.
“Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word, in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word. Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word.” (1 Korinthiërs 15:51-
Daarteenoor, is hulle wat reeds “in Jesus gesterf het” se een “deel” – hulle liggame –
Nou, hoe weet ons dat ons gees EN siel hemel toe gaan by afsterwe? Kom ons kyk wat roep BEIDE Jesus en Stefanus (die eerste martelaar vir Christus) uit die oomblik toe hulle sterf:
“En Jesus het met ‘n groot stem uitgeroep en gesê: Vader, in u hande gee Ek my gees oor! En toe Hy dit gesê het, blaas Hy die laaste asem uit.”(Lukas 23:46)
“En hulle het Stéfanus gestenig terwyl hy die Here aanroep en sê: Here Jesus, ontvang my gees! En hy het op sy knieë neergeval en met ‘n groot stem uitgeroep: Here, reken hulle hierdie sonde nie toe nie! En met dié woorde het hy ontslaap.” (Handelinge 7:59,60)
Uit hierdie twee teksverse leer ons dus baie duidelik dat enige gelowige wat “in Jesus Christus” sterf, se GEES op die oomblik van afsterwe, in God se hande “oorgegee” word, met ander woorde, daardie geeste gaan reguit na God en Jesus Christus toe. Maar tog “ontslaap” = STERF die liggaam. En waar is hulle geeste? In die hemel! Maar hoe weet ons dan dat ons siel saam met ons gees daar gaan wees? In die eerste plek moet ons net kennis neem van die feit dat ons siel bestaan uit ons wil, intellek en emosies. As ons teruggaan na die stuk oor die bedelaar Lasarus en die ryk man, sien ons dat die ryk man sê: “…want ek ly smarte in hierdie vlam…” (Lukas 16:24). “Smarte” is ‘n sielsbelewenis, ‘n emosionele belewenis, en dit bevestig dat ons gees en siel saam daar sal wees. Net so is liefde ook ‘n emosionele belewenis en dus ‘n sielsbelewenis wat ons sal hê in die hemel. Sonder twyfel dus, bly ons liggaam by afsterwe hier op aarde, en ja daardie dooie liggaam WEET NIKS, en kan nie God loof uit die graf nie. Maar die gees en siel by God in die hemel kan Hom wel loof en prys!
Net nog ‘n bevestiging, as dooies moet “slaap” tot en met Jesus se wederkoms, waarom sou die “dooie” Moses saam met die lewende Elia saam met Jesus verskyn het op die berg van verheerliking? Waarom dan nie die lewende Henog en die lewende Elia nie?
“En ná ses dae het Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes, sy broer, saamgeneem en hulle op ‘n hoë berg in die eensaamheid gebring. En Hy het voor hulle van gedaante verander, en sy aangesig het geblink soos die son, en sy klere het wit geword soos die lig. En kyk, daar verskyn aan hulle Moses en Elía in gesprek met Hom.” (Mattheus 17:1-
Een ding het ek die afgelope twaalf jaar in my lewe saam met die Here geleer. Hy is NIE teen Homself verdeeld nie. As mense na afsterwe net “slaap” en dus effektief “dood” bly tot en met Jesus se wederkoms, en Hy laat die “dooie” Moses toe om met Jesus te kom praat op die berg, dan verraai God Sy eie Woord wat Hy eeue vantevore in Deuteronomium 18:10-
“Daar mag NIEMAND by jou gevind word… wat die dooies raadpleeg nie. Want ELKEEN wat hierdie dinge doen, is vir die HERE ‘n gruwel…”
So, as dit ‘n “gruwel” is vir God as ENIGIEMAND “die dooies raadpleeg”, dan is dit wat Jesus daar op die berg gedoen het, beslis OOK vir God ‘n “gruwel”, en was Jesus ongehoorsaam aan God se verordeninge. Maar dit is juis omdat Moses se gees NIE “dood” was nie, maar lewend by God NA sy afsterwe, dat Jesus rustig met hom en Elia kon staan en gesels op daardie berg. Jesus oortree dus NIE Sy Vader se vorige verordeninge nie.
Kom ons kyk na nog ‘n profesie rondom Jesus se terugkeer en die feit dat Hy op daardie dag al die heiliges, met ander woorde die gelowiges wat in Hom gesterf het, saam met Hom sal bring:
“En in dié dag sal sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die oostekant; en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt word van oos na wes tot ‘n baie groot dal; en die een helfte van die berg sal wegwyk na die noorde en die ander helfte na die suide…. Dan sal die HERE my God KOM, al die heiliges met U!” (Sagaria 14:4,5)
Baie duidelik dus gaan al die heiliges daardie dag saam met Hom KOM, daar staan nie ons sal Hom maar hier op aarde kry waar ons nog altyd ge-
“Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ‘n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid. En sy oë was soos ‘n vuurvlam, en op sy hoof was baie krone; en Hy het ‘n Naam wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hy self. En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God. En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne.” (Openbaring 19:11-
En nee, daardie “leërs” is NIE engele nie, want kyk mooi dat hulle bekleed sal wees “met wit en rein fyn linne”. En waarna verwys dit? Lees net die Bybel soos dit daar staan:
“En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges.” (Openbaring 19:8)
Die engele is nie bekleed met die regverdige dade van die heiliges nie. Daardie leërs wat Hom volg, is niemand anders as die gelowiges wat voor Sy wederkoms gesterf het en saam met Hom in die hemel was tot op daardie dag nie!
En myns insiens, ‘n finale bevestiging dat daar gelowiges IN DIE HEMEL is en sal wees, VOOR SY WEDERKOMS, sien ons ook in die volgende teksverse:
“Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande; en hulle het met ‘n groot stem geroep en gesê: Heil aan onse God wat op die troon sit, en aan die Lam! En al die engele het rondom die troon en die ouderlinge en die vier lewende wesens gestaan, en hulle het voor die troon op hulle aangesig neergeval en God aanbid en gesê: Amen! Die lof en die heerlikheid en die wysheid en die danksegging en die eer en die krag en die sterkte aan onse God tot in alle ewigheid! Amen. Toe het een van die ouderlinge gespreek en vir my gesê:Hulle wat bekleed is met die wit klere, wie is hulle en waarvandaan het hulle gekom? En ek sê vir hom: My heer, u weet dit. En hy sê vir my: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam. Daarom is hulle voor die troon van God en dien Hom dag en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal sy tent oor hulle oopspan. Hulle sal nie meer honger en nie meer dors hê nie, en nooit sal die son of enige hitte op hulle val nie; want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei en hulle na lewende waterfonteine lei, en God sal alle trane van hulle oë afvee.” (Openbaring 7:9-
Hierdie “groot menigte” is dus duidelik mense wat gesterf het tydens die groot verdrukking, VOORDAT Jesus in Openbaring 19 vanuit die hemel kom met Sy wederkoms, saam met “die lëers van die hemel”. Hulle “slaap” dus baie duidelik nie iewers tot en met Sy wederkoms nie. Hulle sterf in die verdrukking, en hulle bevind hulle onmiddellik voor die Troon met wit klere aan en palmtakke in hulle hande, en wat doen hulle? Hulle LOOF DIE HERE! Verseker kan hulle dooie liggame hier op aarde in hulle grafte nie die Here loof nie, maar hulle gees en siel wat op daardie oomblik voor die Troon verkeer, kan baie duidelik, VOLGENS DIE BYBEL, dit wel doen. Lees ook mooi dat hierdie toneel hom afspeel nog lank voor die Groot Wit Troon oordeel. Liewe vriend/vriendin, lees net wat in die Bybel staan, en verstaan wat daar staan, net soos wat dit daar staan.
Ter afsluiting kan ek met groot vrymoedigheid sê dat ek nie kan wag om eendag voor my Vader en Jesus Christus se Troon te kan staan nie, en ek glo met my hele hart dat as ek my oë aan hierdie kant toemaak, ek dit onmiddellik by Hulle in die hemel sal oopmaak. Indien jy na alles wat ek vandag hier vir jou gewys het, steeds net wil gaan “slaap” wanneer jy die dag sterf, en eerder wil wag tot by Sy wederkoms, onthou dan net weer om Hom te vra om jou “terug te stuur” (ek weet nie waarheen nie), as jy daardie dag jou oë oopmaak en jy besef jy is toe inderdaad dadelik na jou afsterwe in die hemel.
Ons lees in Mattheus 9:29 dat Jesus die blinde manne se oë open en vir hulle die volgende sê:
“Toe raak Hy hulle oë aan en sê: Laat dit vir julle wees volgens julle geloof.”
Gelowige Christen vriend of vriendin, as jy dus wil glo dat jy maar net gaan “slaap” tot en met Jesus se wederkoms, laat dit gerus vir jou ook wees volgens jou geloof. Maar as Hy deur hierdie skrywe van my ook jou geestes-
In elk geval, wat jy glo rakende dadelik hemel toe gaan, al dan nie, maak nie regtig saak nie, jou geloof in verband hiermee affekteer glad nie jou ewige redding nie. Maar maak asseblief net seker dat jy JESUS CHRISTUS AANGENEEM het in jou lewe (Johannes 1:12,13).
tiaan gildenhuys
06/10/2011