arnold & lilly de beer
Gebed en Ondersteuning.
Sel: 0781702385 & 0824116865
E-mail: aldb@oicb.co.za
Deeltydse Evangeliste / Wedding Venue eienaars
Parys, Vrystaat

Ek en lilly was saam op Hoërskool in Pretoria, en in 2014 het ons twee se paaie weer gekruis in Pretoria na 10 jaar van mekaar nie sien nie, nadat ons skool verlaat het. In Mei 2015 het ons sak en pak van Pretoria af getrek en toe besluit op die kunstige dorpie Parys en besluit ons bou ‘n trou venue langs die Vaalrivier.
Met beperkte fondse, ‘n groot droom en baie geloof en vertroue in Vader het ons begin. Wonderwerk na wonderwerk en baksteen vir baksteen, het ons dit reg gekry om die plek te bou en te begin troues hou. Waar dit eers net die gedagte was om ‘n besigheid te hê. Maar met Psalm 1 as ons leuse het ons vinnig agtergekom daar is ‘n groter en beter plan vir ons en die venue.
Ons is op 28 November 2015 getroud en binne 3 en 1/2 jaar is ons geseën met 3 dogtertjies.
Ons het ups en downs ervaar en saam ook probeer om die regte pad te volg. In 2018 het ons tiaan se “Maak skoon jou huis” DVD gekyk en hom toe gekontak vir gebed. Hy het van Pretoria af gery en ons kom sien in Parys, en van daar af het ons begin lesings en kampe aanbied hier by ons.
Alhoewel ons nog ons hele lewe lank “anders” was, en die Here geken het in ons onkundige manier, was ons tog maar nog baie verlore en in die wêreld op soveel vlakke. Maar Vader se genade was so wonderlik hoe Hy stuk vir stuk ons skoner en skoner gemaak het met soveel genade. Vader het ons nogsteeds geleer deur soveel struikelblokke heen, ook ons gehelp en gedra, en ons verander het, selfs in tye wat ons dit nie self eers kon indink dat dit moontlik was nie.
Vader is getrou en Hy soek net ‘n gewillige hart. Ons sê altyd, ons hoef nie perfek te wees nie, net bereid en gewillig om te beweeg, He will do the rest.
Ons hart is om mense nader te bring aan ons Here Jesus Christus, deur middel van kampe en seminare reël, (gospel)feeste reël, Bybels uitdeel, enige iets wat ons kan doen om die evangelie te verkondig.
Maar alle eer gaan aan Jesus Christus, want Hy maak alles moontlik, en sonder Hom is ons niks.
Filippense 4:13