loftie & tish deyzel

Berading, Bevryding, Gebed en Ondersteuning.
Sel: 0828085967 & 0828827062
E-mail: ltd@oicb.co.za
Besigheidseienaars/Deeltydse Evangeliste

Gqeberha (Port Elizabeth), Oos Kaap

Loftie is in 1969 in Port Elizabeth gebore. Hy verwerf sy NHD in Meganiese Ingenieurswese by PE Technicon. Daarna gaan werk hy by die WNNR in Pretoria. Hy ontmoet vir Tish in 1989 in Pretoria en hulle trou in 1991. Hulle het 3 getroude kinders. Geneveve, Bianca en Loftie, asook  3 kleindogters.

Einde Junie 1996 keer hy en sy familie terug na sy geboortestad. Hy en Tish sluit aan by hul familiebesigheid.

Op 7 Februarie 2006 tydens ‘n bevrydingsessie begin Loftie en Tish se persoonlike verhouding met JESUS CHRISTUS. Op 10 Februarie 2006 is hulle saam gedoop. Met die aanvang van hierdie nuwe reis gee ‘n vriend aan hom 3 DVD’s van Tiaan Gildenhuys : Identifiseer die Leuen, Koninkryk = Heerskappy en Maak skoon jou huis. Sy passie vir die bevrydingsbediening is daardeur verder bevestig.

Hulle sluit aan by die nuwe Charismatiese Kerk waar hulle deur bevryding en doop gegaan het. Hulle is gretig om meer te leer en te groei. Hulle doen vele leierskapkursusse en het ‘n passie vir Encounter Kampe. Hulle dien ook as Groepleiers. Na 3 jaar se verdere studies verwerf Loftie ‘n Bachelor of Ministry Degree by die betrokke Bybelskool, en word georden as Evangelis.

Tish het ‘n verdere passie om minder bevooregte vroue te bedien. Sy begin ‘n “Creative Ladies Ministry”. Sy leer vroue allerhande handewerk en verkondig daardeur die Evangelie aan hulle. Na hul uittrede vanuit die betrokke Charismatiese Kerk, begin hulle tydens 2021 ‘n weeklikse huiskerk in Bluewater Bay. Verder bedien hulle in die areas van Bevryding en Innerlike Genesing.

In Oktober 2022 woon Loftie en sy vriend Etienne‘n seminaar van Tiaan by in Baviaanskloof. Die eerste aand bied Tiaan “Identifiseer die Leuen” aan. Dit neem Loftie terug na sy herinneringe van 2006 en die 3 DVD’s.  ‘n Jaar later, in Oktober 2023 woon Loftie en Tish saam die bogenoemde seminaar in die Baviaanskloof by. Dit was ‘n baie spesiale naweek wat VADER vir hulle beplan het. Dit het nuwe deure vir hulle as egpaar oopgemaak .

Tiaan en Joey het baie diep in Loftie en Tish se harte ingekruip. Hulle het Tiaan en Joey as werklike voorbeelde gesien om na te volg.

In Oktober 2024 het hulle die geleentheid aangegryp om ‘n soortgelyke seminaar van OICB in Port Elizabeth aan te bied. Tydens hierdie tydperk, deur gebed en leiding van die HEILIGE GEES, het Loftie en Tish die voorreg gehad om deel  te kon word van die OICB-Familie.

Met liefde en dankbaarheid teenoor ons Hemelse Vader.

Loftie en Tish Deyzel