pieter & deirdre hollander

Gebed en Ondersteuning.
Sel: 0823859035
E-mail: pdh@oicb.co.za
Deeltydse Evangeliste

Pretoria

pieter & deirdre hollander

Gebed en Ondersteuning.
Sel: 0823859035
E-mail: pdh@oicb.co.za
Deeltydse Evangeliste

Pretoria

In die wêreld maar nie van die wêreld.

Ek en Deirdre was lank in die wêreld, en het nie die: “nie van die wêreld” geleef of verstaan nie.

Ons paaie het gekruis in die sport wêreld en na vorige huwelike is ons in 2006 getroud en is geseën met vier seuns, waarvan drie uit ‘n vorige huwelik was. Ons oudste seun het in 2015 met sy lewe geboet nadat hy die stryd teen dwelms verloor het. Hierdie verlies het ons op ‘n diep geestelike reis geneem, waar die Here ons geleer het om Hom nog meer te vertrou en ons verhouding met Hom te verdiep.

In 2018/2019 het ons vir Tiaan ontmoet en ons eerste OICB-kamp bygewoon. Hierdie ervaring het ons geloofslewe verder versterk en ons hunkering om ander met die waarheid van God te bedien, versterk. Ons lewenspassie is om die jeug te leer oor die waarheid van God, om ‘n veilige ruimte te skep waar gebroke harte herstel kan word, en om hoop te bring aan jongmense wat in ‘n uitdagende en gebroke wêreld grootword.

Ons het hierdie dringendheid spesifiek beleef in ons jongste seun se lewensreis, wat in 2024 gematrikuleer het. Dit het ons die belangrikheid van ‘n ondersteunende en geestelike omgewing vir die jeug laat waardeer.

Ons het ‘n hart vir tieners en jong mense wat in ‘n verdoemende wêreld moet swaarkry en daagliks struikel vanweë redes wat hulle self nie eers verstaan of die bestaan van die redes besef nie. Stukkende kinders word as ‘n reël stukkende grootmense, soos ons eie kinderlewe maar net van kan getuig.

Ons glo vas dat mens se eie struikel en swaarkry, ‘n groot getuienis is vir mense wat deur dieselfde gaan. As ons lewensverhaal ander mense kan bemoedig en hoop gee in Abba Vader se liefde en genade, dan word God se wil en hart bereik.

Of dit nou is waar Deirdre as biokinetikus met gebroke liggame van jonk sowel as oud moet werk om lewenskwaliteite te verbeter, waar geloof, hoop en liefde daagliks deel is van die proses met gebed, of net ‘n “bid asseblief vir my vir uitkoms by my werk” is, glo en vertrou ons dat Abba Vader ons elke dag as instrumente gebruik tot eer en verheerliking van Sy Naam.

Ons glo dat ons lewenservarings en getuienisse ander kan inspireer en lei om ‘n ware en vervullende verhouding met God te hê.